Boodskap van Bennie | Februarie 2023

Die uniekheid van landbou het ons klimatologies die laaste tyd weer erg getref. Ons het net weereens besef uit watter uiteenlopende omstandighede boere moet planne maak om steeds produktief en winsgewend te wees.

Ons is deur erge droogte met intense hitte en daarmee saam beurtkrag wat ook sy eie unieke impak het deur produktiwiteit en effektiwiteit te kortwiek. Toe kom die intense reën wat in baie gevalle erge vloedskade veroorsaak het aan infrastruktuur, gewasse en toerusting. Soveel so dat sewe van die land se nege provinsies as rampgebiede verklaar is. Dít wys net weer opnuut wat die uitdagings is wat ’n boer elke dag die hoof moet bied.

Dit is belangrik om te besef dat ons boere se uitdagings nie eenvoudig nie, dit is groot en daarom het ons die grootste waardering vir dit wat boere vermag deur steeds in produksie te bly. Landbou bly die basis van stabiliteit in Suid-Afrika. En rolspelers moet dit verstaan en die nodige ondersteuning bied, maar as dit nie gaan gebeur nie beweeg ons op gevaarlike terrein.

’n Voorbeeld hiervan is dat ons nou met die ramptoestand nie opgetel het dat gesamentlike operasionele sentrums (GOS) gestig is nie. Dié sentrums sou beteken dat rolspelers soos die staatsdepartemente, die weermag, die SAPD maar ook die privaatsektor soos georganiseerde landbou en rampbestuur bymekaar kom ten einde die uitdagings te help oorbrug en seker te maak dat die volle omvang van vloedskade geëvalueer word. Dit is nodig om te kyk wat gedoen kan word met die beskikbare kapasiteit om dit op te los.

Dit beteken ook dat daar daaglikse media kommunikasie moet wees om die rolspelers en publiek in te lig. Ongelukkig vind dit nie plaas nie en nou is ons op onsself aangewese. Boere neem noodgedwonge sake in eie hande deur paaie reg te maak en brûe te stabiliseer om produkte van die plaas na die mark te kry.

Dit is die realiteit.

Dit bly ’n groot en belangrike verantwoordelikheid om die staat te herinner aan sy verantwoordelikhede en druk op hom te plaas om dit na te kom. Ramptoestand of nie…dit bly die staat se verantwoordelikheid om na sy inwoners om te sien.

Foto Dan MeyersUnsplash

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.