Graag wil ons by wyse van hierdie skrywe vir u inlig oor die saak waarby meeste van ons lede en ook nie-lede betrokke is in terme van die dispuut wat verklaar is met die Departement Watersake en Sanitasie. Soos u bewus is, word hierdie dispuut vir jare uitgerek deur die Departement en daar geen werklike poging is vir ‘n dispuut oplossings meganisme nie.
Advokaat Jan Saunders is ‘n spesialis op die gebied van die Waterwet en Watersake in SA en is sy opinie reeds in September 2016 verkry. ‘n Opvolggesprek is in November 2022 met Adv Saunders gefasiliteer en is die regsopinie weereens bevestig. Verskeie gesprekke was met die Departement geneem in 2023 met die laaste vergadering op 17 Oktober 2023 te Polokwane.
‘n Voorstel vir die oplossing van die dispuut is ter tafel gelê en aanvaar deur die Departement hoewel dit ons spyt dat die Departement nie die ooreenkoms ten volle nagekom het nie en ons steeds in dieselfde posisie is as voorheen. Vanuit hierdie aksies om die dispuut uit te klaar en ons onsuksesvol was in ons pogings, het die TLU SA Watersake komitee Sakeliga genader en ons saak gestel vir bystand in die aangeleentheid. Sakeliga het na verskeie voorleggings en inligtingstukke wat deur ons voorsien was, die aangeleentheid ondersoek en na hulle regspan verwys. Dit is vir ons ‘n voorreg om te meld dat Sakeliga van mening is dat die geskil tussen die lede van TLU SA en die Departement in die guns van die geaffekteerde boere beslis behoort te word. Sakeliga se regskomitee het besluit om die saak met TLU SA as mede-applikant te litigeer ten einde ‘n uitkoms vir die landbou sektor te verkry.
Hofsake het bepaalde kostes wat daaraan verbonde is, en sal hierdie saak nie daarvan uitgesluit wees nie. Die bydrae vanaf TLU SA word begroot op R300,000.
Vanuit hierdie behoefte wil ons graag by wyse van hierdie skrywe ‘n versoek rig aan al ons boere wat deel is van die dispuut, om ten minste R1,000 per rekening wat deel vorm van die dispuut, te bewillig in die saak. Indien u voel dat u graag ‘n groter bydrae wil lewer, is u welkom om u bydrae aan te pas. Die fondse sal in die trustrekening van Sakeliga se prokureurs geadministreer word ten gunste van die hofsaak.
Die bankbesonderhede is soos volg vir u gebruik:
Bank : FNB
Rekeningtipe : Regspraktisyn Trustrekening
Rekeningnommer : 62349058330
Takkode : 252 045
Verwysing : QB1146 + plaas/besigheid naam + water rekeningnommer Graag versoek ons dat u bewys van betaling van bydrae ook per epos aanstuur na: w.prinsloo1@mweb.co.za
Vir u gerief, heg ons hierby die skrywe vanaf Sakeliga aan vir verwysing en bevestiging.
Ons vertrou vir ‘n positiewe uitkoms dat die aangeleentheid hanteer word tot elke landbouer se voordeel.
Vir enige verdere navrae, is u welkom om Erika Helm by 079 699 6032 of Dawid Maree by 015 2800168/9 te kontak.
Watersake groete,