Plaas info@emails.tlu.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang.
Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie kyk na die aanlyn-weergawe.
November 2024  
 

Liewe Boer

Elke dag se werk op die lande, bring sy eie uitdagings en oorwinnings. Dit is nie net die aarde wat ons bewerk nie, maar ook ons harte – ons passie, ons drome, en ons hoop vir ‘n sterker toekoms vir ons landbougemeenskap. Die werk wat elkeen van julle doen, die opoffering en die volharding, is wat hierdie bedryf en ons land bou.

 
Om te boer of om ’n boer te wees?

Kultuur is ‘n klein woordjie wat algemeen gebruik word in skole om gewoonlik die aktiwiteite te beskryf wat nie onder die tema van sport geklassifiseer kan word nie. Dus skep dit ‘n baie beperkte begrip van die woord by ons mense vanaf ‘n baie jong ouderdom. Kultuur is egter een van die mees omvangryke begrippe in die Afrikaanse taal. In hierdie artikel  word daar dieper gedelf om die ware betekenis van die woord te ontdek.

In die land van die blindes kraai Enoch koning

Die Medium-termyn begrotingstoespraak is op 30 Oktober vanjaar deur die minister van finansies,, Enoch Godongwana aan die parlement voorgelê. Hierdie toespraak het nie net die stand van sake rapporteer aan die land se inwoners nie, maar ook die begroting se beleidsraamwerk vir die volgende finansiële jaar aangekondig. In sy toespraak haal die minister die president aan deur te verwys na die drie hoogste prioriteite van die regering van nasionale eenheid (RNE).

 
Onteieningwet: Die toekoms word by ons jongmense gesteel

Die ANC-regering se hernude pogings om onteiening van grond sonder vergoeding te versnel, wek groot kommer, veral na adjunkpresident Paul Mashatile se onlangse uitsprake dat grondhervorming steeds ‘n hoë prioriteit op die ANC se agenda is. “Grond is alles,” het Mashatile gesê, en het beloof om “vinnig op te tree”, ondanks die ANC se vorige onsuksesvolle poging om die Grondwet te wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak.

 
TLU SA Limpopo vra dringende rampverligting vir boere

TLU SA Limpopo verwelkom provinsiale premier dr. Phophi Ramathuba se versoek aan president Cyril Ramaphosa dat Limpopo as ’n rampgebied verklaar word.Hierdie versoek volg ná ’n reeks verwoestende storms wat onlangs dele van Limpopo getref het en groot skade veroorsaak het. Die storms het talle strukture beskadig, insluitend dakke wat van huise en kerke afgewaai het, asook elektriese pale, drade en waterpype wat herstel benodig.

 
TLU SA rig dringende skrywe aan president Ramaphosa oor onteieningswet

TLU SA het Donderdag 7 November ’n dringende skrywe aan president Cyril Ramaphosa gestuur om ernstige kommer uit te spreek oor adjunkpresident Paul Mashatile se versoek om die onteieningswet so gou as moontlik te onderteken. In die skrywe het TLU SA duidelik uitgelig hoe hierdie wet ernstige gevolge vir die land se ekonomiese groei en beleggersvertroue kan inhou. TLU SA het pres. Ramaphosa versoek om die besluit met omsigtigheid te benader.

 
TLU SA ondersteun plaasboer in kriminele saak oor onwettige waterbesoedeling

Op Woensdag 6 November het TLU SA ’n plaasboer en lid van dié landbouorganisasie bygestaan om ’n kriminele saak van waterbesoedeling by die SAPD Sheepmoor aanhangig te maak. Braam Moodie, ‘n boer in die omgewing, sê hy het op 31 Oktober twee munisipale werknemers van die Msukaligwa-munisipaliteit op heterdaad betrap terwyl hulle rou riool in die Sheepmoor-omgewing gestort het. 

 
Boetes los niks op as skuldiges nie aanspreeklik gehou word nie

TLU SA neem kennis van die boete van R160 miljoen wat die hof aan die Dipaleseng Plaaslike Munisipaliteit opgelê het weens die ernstige oortreding van omgewings- en waterwette. Hoewel dit op papier soos ’n oorwinning lyk vir omgewingsgeregtigheid, is die realiteit eenvoudig: die werklike skuldiges gaan nie gestraf word nie. 

 
TLU SA se jaarlikse mediafunksie ‘n reusesukses

TLU SA het Dinsdagaand tydens sy jaarlikse mediafunksie die eerste Sonneblom-toekenning oorhandig aan Carien Kruger, ’n joernalis wie se werk die kernboodskap van TLU SA – ekonomiese volhoubaarheid in landbou – op uitsonderlike wyse uitgedra het.

 
Ekologiese rampe dreig: Myntoekennings stel Limpopo se natuur én landbou in gevaar

Onnadenkende toekenning van permitte en lisensies vir mynbou-aktiwiteite en onvoldoende navorsing by toekenning van sodanige vergunnings, bedreig nie alleen Suid-Afrika se landbou nie, maar ook die sensitiewe fauna en flora van gebiede wat reeds swaar onder besoedeling, omgewingswanadministrasie en gebrek aan beskerming van sensitiewe ekologiese gebiede gebuk gaan.

 

Sonnebloemtoekenning

 

TLU SA het op 19 November 2024 ons jaarlikse Mediafunksie gehou om vir die media dankie te sê vir die landbouboodskap wat hulle uitgedra het. 

Vanjaar het TLU SA begin met ’n Sonnebloemtoekenning aan die joernalis wat TLU SA boodskap van ekonomiese volhoubaarheid die beste uitgedra het.  Die vyf finanaliste wat aangewys was is

  • Mia Slabbert   
  • Nico van Burick
  • Mariska Coetzer
  • Glenneis Kriel
  • Carien Kruger

Die wenner was Carien Kruger wat vanjaar met die Sonneblom toekenning wegstap.

Belangrike inligting

Handveste, standpunte  en riglyne

Die afgelope jaar het ons komitees verskeie handveste, standpunte en riglyne die lig laat sien.  Dit is alles dokumente om lede by te staan om ingeligte besluite te kan neem oor die betrokke saak wat as probleem ervaar word.  Jaco Cilliers is besig om dit te verpak in ’n biblioteek waar ons lede op die webblad met ’n wagwoord sodanige dokumente kan onttrek vir gebruik.  Ons sal binnekort ’n lys beskikbaarstel sodra dit gereed is.

Agriseta Beurs 2025: Belangrike Inligting vir TLU SA Lede

Indien enige TLU SA-lid se kind reeds toelating ontvang het om aan enige universiteit in Suid-Afrika in 'n landbou rigting te gaan studeer, kan daar aansoek gedoen word vir 'n Agriseta beurs vir die 2025 studiejaar. Aansoeke moet deur TLU SA ingedien word, en alhoewel Agriseta die aansoeke oorweeg, kan geen waarborg gegee word dat die aansoek goedgekeur sal word nie. Agriseta sal in Desember 2024 aankondig watter aansoeke goedgekeur is.

Alle navrae moet asseblief direk by Lynette du Plessis van TLU SA ingedien word, slegs per e-pos na sentraal@tlu.co.za. Agriseta sal geen navrae vanaf enige aansoeker hanteer nie.

2025 Goliat van Gat

Hierdie is die laaste geleentheid om Goliat van Gat pitte te kry, betyds te plant om gereed te wees vir 15 Maart 2025 se groot kompetisie. Die kompetisie vind plaas by die Pretoria Ou Motorklub in Silverton.

Daar is soos gewoonlik groot prysgeld op die spel, en as jou pampoen dit nie maak tot by inskrywing nie kan jy in elk geval groot pret hê soos Peet Joubert!

 
 

Nuus uit die Oosstreek

Soos in die res van die land word die Oosstreek ook geteister met die besoedeling van ons natuurlike bronne waarvan water een van die mees noodsaaklike is. TLU SA in die Oosstreek gaan dit egtet nie verder toelaat sonder enige teenstand nie en is dit waarom daar in samewerking met een van ons lede ń krimmenele saak by die SAPD op Sheepmoor geregistreer is. Ons doen ń beroep op al ons lede dat wanneer hulle bewus word van enige besoedelingsaksies hulle betrokke moet raak deur fotos en indien moontlik videos te neem en dan onmiddelik met die streekkantoor in verbinding te tree.

TLU SA Limpopo het 'n suksesvolle Strategiese Werksessie gehou waar die toekoms van die organisasie vir 2025 beplan is, en verskeie belangrike sake bespreek is. Tydens die vergadering het dit duidelik geword dat die samewerking en inisiatiewe van die provinsie die komende jaar nog sterker moet wees.

 

Pumpkn bied onversekerde, korttermyn besigheidsfinansiering wat spesifiek ontwerp is vir voedsel- en landbou-ondernemings. Ons oplossings is gerig daarop om die unieke uitdagings wat boere in die gesig staar, soos insetkoste en kontantvloeibeperkings, aan te spreek.

Hier is ’n oorsig van wat ons bied:

  • Leningsbedrae: R50,000 tot R5 miljoen.
  • Terugbetalingsperiodes: Tot 90 dae tans, met planne om dit volgende jaar uit te brei tot 120 dae vir gewasse soos mielies.
  • Maandelikse rentekoerse wissel van 3% tot 6%, afhangend van besigheidsrisiko.
  • Vinnige Omkeertyd: ’n Digitale aansoekproses maak goedkeurings moontlik binne so min as een week.
  • Finansieringsleer: Begin met kleiner lenings en kry toegang tot groter bedrae soos jou besigheid vorder.

Pumpkn is toegewyd daaraan om voedsel- en landbou-ondernemings te ondersteun deur buigsame en toeganklike finansieringsoplossings te bied.

0677998595
contact@pumpkn.io
www.pumpkn.io

Loodvergiftiging by Beeste

Daar is baie boere wat onbewus is van die feit dat rondlê batterye so 'n groot probleem kan wees. Veral beeste. 'n Leersame storie uit die Oos Streek (Chrissiesmeer)

Skade gelei het as gevolg van 'n motor battery wat in die veld beland het nadat 'n voertuig uitgebrand het langs die teerpad, die battery is net in die veld ingegooi. Sonder die wete het die boer beeste in die kamp in gejaag en sowat twee weke daarna begin agterkom dat sekere van die beeste se gedrag begin verander het, en daar toe reeds sterftes plaasgevind het. 'n Veearts laat kom om 'n post-mortem te kom doen om te sien waarom die beeste net so skielik dood is.

Daar is toe gevind dat dit wel loodvergiftiging was. Maar hoe is dit moontlik? Die beeste het aan daardie battery gaan lek en kou en so die lood ingekry. Maar hoekom, beeste is nuuskierig en word gevind om aan vreemde voorwerpe te kou, die battery se soutagtigheid help nie omdat dit die grootste aantrekkings krag is, veral wanneer dit kom by beeste met 'n sout tekort.

Die boer het besluit om beeste dadelik uit kamp te haal, 'n soektog in die kamp is toe begin en daar is toe nou op die battery afgekom. Die battery is toe nou verwyder.

Paar van die simptome wat gesien word by beeste met loodvergiftiging:

  • Lusteloosheid
  • Lae kop posisie
  • Diarree
  • Stuiptrekkings en trap bewegings
  • Blindheid Oë rol
  • Aggressiwiteit

Lood is 'n neurotoksien wat die senuwee stelsel aanval, dus moet lood vergifting baie gou geïdentifiseer word om te kan behandel maar meeste van die tyd is dit te laat.

Gifplante wat nie bekend is in Area

Daar is twee nuwe soort gifplante wat boere in die Chrissiesmeer area begin vind het op hulle plase wat nie nog nooit hier voorgekom het nie en ook baie giftig is vir vee.

1. Gomphocarpus fruticosus ("cotton milkweed")

Hierdie bos kom deesdae op baie plase voor en versprei baie vinnig, daar is al boere wat vee verloor het weens hierdie bossie. Omdat hy immergroen is en nie dood in die winter nie. Die diere ken hom nie eet van hom en vrek dan. Die saad is 'n sagte groen bolletjie met 'n melkagtige sap binne.

Beste manier wat boere vind om beheer toe te pas met die bos is deur dit uit te kap, en die totale plant te verwyder.

2. Inkbessie

Die plant nie so erg giftig soos die bessies nie. Probleem met hierdie plant is hys reg deur die jaar groen en wanneer diere nie meer genoeg weiding het nie sal hulle aan hierdie plante begin eet omdat dit nuut in omgewing is en diere dit nie ken nie. Die verspreiding van die bossie is nie so vinnig nie maar indien dit nie beheer word nie, kan dit oorneem. Boere kap die bossie uit of gebruik gif soos "Round-up" om beheer toe te pas en die plant dood te kry.

Kragvoorsiening vir die groter gebruikers

Enfin bied verskeie moontlikhede om of onafhanklik, of gedeeltelik onafhanklik van Eskom te word:

Die voordele wat uitstaan:

  1. Enfin dra die finansiering, hanteer die installering, bestuur die sisteem, onderhou die sisteem - die kliënt/boer gebruik nie sy eie kapitaal nie.
  2. Die kliënt/boer betaal net vir die verbruik (per eenheid).
  3. Met Enfin is jy verseker van krag (wat Eskom nie kan verseker nie)
  4. Met Enfin is jy verseker van goedkoper krag.
  5. Met Enfin is jy verseker van groener, meer volhoubare krag.
  6. Na afloop van die kontrak termyn word die kliënt die eienaar van die sisteem.
  7. Enfin sal 'n gratis behoefte bepaling en voorlegging doen vir 'n boer/kliënt. Daar is geen verwagtinge of verpligtinge. Die boer/kliënt kan 'n ingeligte besluit neem na afloop van 'n voorlegging.
  8. Ten einde meer besonderhede te verkry, kontak vir Gert van Zyl by 0827694884.
 

Geloftedag

Op 16 Desember 1838 het die Slag van Bloedrivier plaasgevind wat met ’n Gelofte tot God gepaard gegaan het.  Ons nageslag van die Voortrekkers wat die Gelofte afgelê het staan vandag voor die keuse of ons die Gelofte instand gaan hou.  Daar is gewis geen verpligting van buite wat enige-iemand dwing om Geloftedag te herdenk nie.  Dit is ’n innerlike oortuiging wat iemand wel sal beweeg om die Gelofte te herdenk.  Mag ons in groot getalle Geloftedag herdenk.

Jaareinde

Die jaar se einde is reeds in sig.  Orals verneem ons van afsluitingspartytjies wat in beplanning is.  TLU SA se kantore gaan op 13 Desember sluit en open dan weer op 6 Januarie 2025.  Vir die boere is dit nie noodwendig ’n vakansietyd nie, maar is dit tog ’n tyd wat families bymekaar kom rondom die Kerstyd en ook Nuwejaar.  Mag elkeen ’n ware Christusfees ervaar in veiligheid, want ongelukkig is dit ook ’n tyd wat kriminele graag toeslaan.  Daarom moet elkeen waak om nie hul waaksaamheid te verslap nie.

 

Foto van die maand