TLU SA Limpopo het ‘n suksesvolle Strategiese Werksessie gehou waar die toekoms van die organisasie vir 2025 beplan is, en verskeie belangrike sake bespreek is. Tydens die vergadering het dit duidelik geword dat die samewerking en inisiatiewe van die provinsie die komende jaar nog sterker moet wees. Alhoewel Henk van de Graaf na afloop van sy termyn uitgetree het as Provinsiale Voorsitter, is hy amptelik aangewys as die provinsie se verteenwoordiger op TLU SA se Finansiële Komitee. Hy sal ook as Media Skakel Persoon vir Limpopo dien. Die vergadering het ‘n besondere waardering vir Henk en Alda van de Graaf uitgespreek met ‘n ode en ietsie klein as teken van dank vir die toewyding en leierskap wat Henk van 2017 tot 2024 as Voorsitter van TLU SA Limpopo gewys het.



