Soos in die res van die land word die Oosstreek ook geteister met die besoedeling van ons natuurlike bronne waarvan water een van die mees noodsaaklike is. TLU SA in die Oosstreek gaan dit egtet nie verder toelaat sonder enige teenstand nie en is dit waarom daar in samewerking met een van ons lede ń krimmenele saak by die SAPD op Sheepmoor geregistreer is. Ons doen ń beroep op al ons lede dat wanneer hulle bewus word van enige besoedelingsaksies hulle betrokke moet raak deur fotos en indien moontlik videos te neem en dan onmiddelik met die streekkantoor in verbinding te tree.
Die Oosstreek word vervolgens ook oorval met myn aansoeke en kan ons dit nie oor beklemtoon dat wanneer lede bewus word van sodanige aansoeke hulle onmiddelik moet registreer as belanghebenes. Ons lede is ook nie op hoogte met prosedures en wetgewing of wat hulle te doen staan as daar sodanige aansoek is nie, derhalwe stel TLU SA eersdaags ń dokument/riglyn bekend wat ons lede gaan rig met sodanige aansoeke. Kontak gerus u streekkantoor vir verdere inligting.
Die Oosstreek plant vanjaar in geloof. Die reën bly kol-kol val en verskeie dele het steeds minder as 40mm vir die seisoen gehad. Oral is boere wat dele (veral sojas) oorplant wat gestik het. Baie van die gesaaides kom ook onewerig op a.g.v. die koue nagte. Maar ons bly positief. Ons hoop en glo dat wydverspreide reëns spoedig sal kom. Hondejagters is maar steeds oral ‘n probleem. Veral oor naweke.
Veediefstal is ‘n groot probleem in hele provinsie en slagtings by beeste en skape bly probleem. Ermelo area is paar arrestasies gedoen maar omdat Boere nie sake rapporteer nie, is vonnise maar lig want daar is niks om as verswarende omstandighede te gebruik.
Boere moet asseblief alle produkte insluitende veediefstal raporteer.
Ons sal ook soos die feesseisoen nader meer paraat moet wees. Dit blyk dit gaan van die ergste jare ooit wees vir veediefstal.
Photo by Peter Werkman on Unsplash