Plaas press@tlu.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie kyk na die aanlyn-weergawe.
 

WAT GEBEUR BY TLU SA

 
OP HENRY
SE HART

Ons innige meegevoel aan almal wat onlangs geliefdes aan die dood moes afstaan. Ons verneem van al hoe meer lede hoe die pandemie en hedendaagse lewe ‘n hartseer impak op hulle lewens het. En onwillekeurig kom die vraag by jou op: ‘Is ek gereed?’

LANDBOUSPORE – TLU SA IN GESPREK

Op Landbouspore het TLU SA die afgelope maand in gesprek getree met verskeie rolspelers wat bydra om boere volhoubaar op hulle grond te hou. Ons het gesels met: Jan Bosman, Christo Bester, Hanlie Kroese, Bennie van Zyl en Chris van Zyl en met Dr Corné Mulder.

BOODSKAP
VAN BENNIE

Die omstandighede in die land bring mens amper by ‘n punt waar jy moet kies tussen twee totaal onaanvaarbare groeperinge. Dit is beter om te kies vir waardes en etiese normes wat gefundeer is vanuit die Woord van God wat as rigsnoer blywend antwoorde gee.

 
Die lekker
van landbou

In die graanwêreld in die somersaaigebied is die strooptyd van mielies en die ander gewasse amper afgehandel. Ons is dankbaar oor die algemeen goeie terugvoer oor die opbrengs wat vanjaar in die breë verkry is.

Onlogiese
regulasies

Die afgelope maand het Suid-Afrika opnuut met ‘n belaglike regulasie te doen gekry. Daar is duidelik nie besin oor wat die implikasies daarvan op almal gaan wees nie. Die minister van energie en minerale het ‘n verbod geplaas op die aankoop van brandstof in los houers.

Diefstal van
plaasprodukte

TLU SA se Algemene Raad het ernstige kommer uitgespreek oor die hoeveelheid plaasprodukte wat gesteel word. Ons het ‘n werksessie in die verband gehou ten einde 'n voorgestelde strategie

 
Kommentaar van
publiek benodig

Daar is tans twee sake op die tafel waaroor die publiek kommentaar kan indien, naamlik oor die wysigingsvoorstelle ten opsigte van die Vuurwapenwet (voor 2 Augustus 2021) en die beoogde Grondwetwysigings rondom Art 25 (voor 13 Augustus). Ons wil graag soos voorheen versoek dat TLU SA-lede kommentaar indien oor beide hierdie sake.

 
Skakeling met
tradisionele leiers

TLU SA het die afgelope tyd met verskeie tradisionele leiers geskakel nadat hulle na ons uitgereik het. Die onvergenoegdheid met die huidige omstandighede in Suid-Afrika is hoog op hulle agenda.

 
Raad oor besluitneming: ARTIKELREEKS

TLU SA het onlangs met Leander Opperman van UNLOK Consulting saamgespan om lede raad te gee oor hoe om kritiese denke tydens die besluitnemingsproses in te span. Vandeesmaand deel ons graag die tweede artikel in die reeks.

 

TLU SA SE KOMITEES

 
POPI-
wetgewing

TLU SA wil dit graag onder lede se aandag bring dat daar sekere bepalings is wat boere en boerderye ingevolge die POPI-wetgewing moet nakom. Hieronder volg basiese inligting op wie die POPI-Wet en -regulasies van toepassing is en spesifiek wat sedert 1 Julie 2021 in werking getree het.

Lees meer hier.

 
PLAASLIKE
REGERING

Die verslag oor stand van munisipaliteite

Die Ouditeur Generaal se verslag oor die stand van sake in die munisipaliteite is bekend gestel en is daar met groot teleurstelling kennis geneem dat slegs ongeveer 10% van die munisipaliteite in 'n gesonde toestand is na die 2019/20 oudit.

Lees meer hier.

 
EKONOMIESE
VOLHOUBAARHEID

Landbousektor Voorsorgfonds

TLU SA het reeds in 1991 ‘n Voorsorgfonds vir landbou geregistreer waarby AgriSA, die LWO, Absa en later SANLAM ingeskakel het, om aan georganiseerde landbou en sy deelnemende werkgewers ‘n onafhanklike fonds te voorsien

Lees meer hier.

 
 

NUUS UIT DIE STREKE

 
SENTRAAL
 

‘n Baie groot dankie vanaf Sentraal Streek

Ek bedank graag almal wat betrokke was by die Devon- en Suikerbosplantprojekte vir al die beplanning en harde werk wat ingesit is. Julle bydrae maak ‘n reuse verskil. Ek wil graag ander provinsies en boere-unies aanmoedig om ook projekte in jul onderskeie gebiede te loods.

Derick Kuun, Voorsitter: Sentraal

 
OOS & NATAL
 

In hierdie streek bly betredingsake en die hantering daarvan deur die polisie steeds ‘n geweldige probleem. Ronnie Schilling, die streeksbestuurder, is besig om te bou aan verhoudings met die polisie om die proses te vergemaklik, maar vra dat lede ook self kontak maak met hulle betrokke polisiestasie en stasiebevelvoerder om beter kommunikasie te vestig.

Intussen plaas die koronavirus ‘n demper op bykans alle aspekte van landbou en veroorsaak dit ontsettende frustrasie. Die groot hoeveelheid lede wat deur die siekte getref is, raak by tye ook oorweldigend. Lede moet versigtig wees en voorkomend optree om die verspreiding te voorkom.

 
NOORDWES & VRYSTAAT
 

In die Noordwes en Vrystaat streke het Jannie Raath, die streeksbestuurder vandeesmaand ook frustrasie ervaar met die polisie in ‘n brandstigtingsaak naby Vredefort. Die SAPD het geweier om kamera bewysstukke te aanvaar, maar die situasie is wel later as gevolg van TLU SA se bemiddeling opgelos. Dit het aan die lig gekom dat die speurder wat die saak ondersoek het, forensies verkeerd opgetree het omdat hy nie ervare genoeg is nie.

In Vryburg en Lichtenburg het TLU SA in ‘n hofsaak saam met Sakeliga betrokke geraak oor dienslewering. Die dorpe is onder administrasie geplaas met ‘n betaalmeester om die plekke reg te ruk.

Intussen word daar hard gewerk om ‘n direkte lyn na die rolspelers by Eskom in die streek te bou. Die verskillende streke is ook besig om aan so ‘n forum te werk vir elke provinsie en dit is baie goeie nuus. Die forum voorsien om elke ses maande te vergader.

 

SAMEWERKING EN GELEENTHEDE

 
 

Jongboerkompetisie

Die besoeke op die plase by die finaliste is uitgestel as gevolg van die hoë voorkoms van COVID19. Die beoordelaarspaneel hou die situasie dop en sal sodra daar voldoende afplatting in positiewe gevalle is die reëlings tref vir die besoeke by die finaliste.

 

 

Sakeliga Kragdag

Die Sakeliga Kragdag word vanjaar op 14-16 Oktober aangebied nadat dit verlede jaar as gevolg van Covid-19 afgestel moes word. Ons sien uit na 'n grootse KragDag ekspo, want ons kry oral terugvoer dat mense na meer as ‘n jaar se inperking, nie net honger na 'n geleentheid soos hierdie nie, maar dat al hoe meer mense daarvan oortuig raak dat hierdie die een ekspo is wat nou meer relevant is as ooit, aangesien die selfstandigheidsoplossings by KragDag mense meer weerbaar kan maak teen die tipe uitdagings wat ons die afgelope maande beleef.

Teken 14-16 Oktober 2021 in jou dagboek aan en indien jy nou registreer kan jy die R100 hekfooi spaar: KRY JOU GRATIS TOEGANGSKAARTJIE HIER!

 

 

Kongres

Graag herinner ons aan al die lede wat wil inskryf vir die Kongres op 1 September 2021 om dit spoedig te doen. Daar sal hoofsaaklik per Zoom ingeskakel word. Volle besonderhede is uitgestuur na die affiliasies toe.

 

 
 

HULP EN VERSTERKING

 
 

MEELEWING

Die impak van COVID19 tref baie wyd en baie hard. Daar is weinig mense wat nie reeds 'n paar persoonlike kennisse in dié tyd en as gevolg van die pandemie verloor het nie. Ons wil vir elkeen wat van hul familie en vriende afgestaan het aan die dood baie sterkte toewens in hierdie tyd van smart. Ons enigste troos is by ons Hemelse Vader. Mag die Heilige Gees vertroosting bring vir ieder en elk wat gebuk gaan onder hierdie werklikheid.

 

 

TLU SA Traumafonds | Droogte en brande

TLU SA is steeds besig om boere in droogtegeteisterde gebiede in die Noord- en Oos-Kaap by te staan na gelang van beskikbaarheid van fondse. Ons is baie dankbaar dat daar uitkoms was vir van die boere maar dele in beide hierdie provinsies het steeds groot nood. TLU SA het oor die laaste paar maande hulp kon bied in Calvinia, Sutherland, Garies, Kenhardt en Merweville.

Brande Vrystaat Julie 2021
Groot dele het die afgelope maand afgebrand. Indien daar boere is wat voer kan/wil skenk, laat weet asb. vir Lynette du Plessis by sentraal@tlu.co.za of 082 82 333 99.

 

 

Boer in Rayton | Geleentheid vir ‘n paartjie

Die eiendom van 36,6ha naby Rayton word besit deur Precision Ceramics BK. Die BK het twee lede met ‘n 50% belang elk. Een van die lede is permanent woonagtig op die eiendom. Besproeingsregte op 5ha is tans geregistreer by die DWW (DWS).

Ongeveer 12ha is bewerkbare grond wat wissel van sand, leem tot turf. Die restant is natuurlike veld. Daar is ook ʼn klein bloekom plantasie wat gebruik word vir pale.

Tans word slegs ʼn paar beeste aangehou.

Die veldtipe is sg Bankenveld.

Die konsep:
Aangesien beide lede naby aan aftrede is, is die gedagte om aan ʼn grondlose, jong dinamiese persoon of paartjie ʼn geleentheid te bied om in vennootskap ʼn landbou-onderneming/s te vestig. Die eiendom is ideaal vir bokboerdery, hoenders en tuinbougewasse. Die idee is om bewaringslandbou praktyke toe te pas. Die persoon/paartjie kan oor die langtermyn totale eienaarskap bekom.

Die geskikte persoon/paartjie kan ʼn onderhandelde belang in die BK koop en dan ʼn wooneenheid bou op eie onkoste, selfs al is die aanvanklike wooneenheid van ‘n tydelike aard. Voorwaardes geld.

Dertig persent van die belangbedrag sal gebruik word om aktiwiteite te befonds en infrastruktuur te skep waar bestaande infrastruktuur te kort skiet. Dit sal ook aangewend word om lewende hawe, plantmateriaal, saad ens. aan te koop na beplanning en besluit is op die geskikte boerderyaktiwiteite.
Implemente soos ʼn trekker, hark, bossiekapper, skottelploeg, eentand ripper sowel as goue

koppelpype is beskikbaar.

Volhoubaarheid en sinergie tussen aktiwiteite is noodsaaklik, en waardetoevoeging sover moontlik.

Vaardighede en ondervinding:
Die persoon of paartjie het verkieslik Landbou/Tuinbou/Permakultuur ondervinding of kwalifikasies en kennis of begrip van waardetoevoeging. Handvaardigheid, meganiese aanleg en kennis van ligte konstruksie sal welkom wees. Deursettingsvermoe, hardwerkendheid, integriteit en ʼn goeie begrip van rekordhouding is ʼn vereiste.

Kontak besonderhede:
Pieter Prinsloo – 0726781734, Epos: zirconedge@gmail.com

Inligting oor die Lede:
Die BK-lede is Andre Vermeulen, eienaar van Meester Masjinering en Pieter Prinsloo, eienaar van Smilequip Pty LTD. Meester masjinering funksioneer in die ingenieursvervaardiging sektor en Smilequip is ʼn verspreider van tandheelkunde materiale.

Andre Vermeulen is ʼn Meganiese Ingenieur van Centurion. Hy het Matriek verwerf in 1975 aan die Hoërskool Silverton. Later voltooi hy sy Ingenieurskwalifikasie aan die Pretoria Technikon. Tans woonagtig in Die Wilgers, Pretoria. Andre het onder andere groentetonnels gebou en verskeie 1ha tonnelprojekte voltooi.

Pieter Prinsloo is ‘n Tandtegnikus. Matrikuleer in 1975 aan die Hoërskool Silverton en Kwalifiseer aan die Pretoria Technikon as Tandtegnikus in 1980. Bedryf sy eie tandlaboratoriums tot 1990 waarna hy ʼn lektor word by Medunsa. Stig Smilequip in 2016. Tans woonagtig naby Rayton. Pieter het op die plaas Van Dykspruit (sy oupa se plaas en later sy pa se plaas) naby Cullinan ondervinding opgedoen van varkboerdery, perske- en proteaverbouing. Doen ook later ondervinding op in blommeverbouing in tonnels.

 

 
 

BORGE | TLU SA bedank ons Kongresborge

 
TLU SA stel met trots die eerste van ons Kongresborge bekend
 

In die Diamant-kategorie:
Santam Landbou.

As Platinum-borg:
Standard Bank

En goue borg:
Nedbank.
 

ADVERTENSIE

 

Unlike conventional two-way radios, iTalkPTT Two Way Radios are not limited in coverage and do not require repeaters and base stations. The use of existing cellular infrastructure and the latest digital technology, ensures clearer and more reliable, global digital communication. iTalkPTT Two Way Radios radios are ICASA approved.

Die Hoffman-familie is sedert 1947 betrokke by grondverskuiwing en die verhuring van verwante toerusting. Die maatskappy word nou die derde generasie van Hoffmans bestuur.
Hoewel die hoofkantoor in Tarlton in die Gautengse Wesrand geleë is, word dienste regoor die land verskaf. Kontak ons gerus vir u grondverskuiwing behoeftes.

 

VELDTOGTE EN AKSIES

 
TSAMAEA CELE!

Vyand Nommer Een van Veiligheid

Onder die “waaksame” oog van die minister van polisie, Bheki Cele:

  1. Kan die polisie glad nie naspoor waar hulle amptelike vuurwapens is nie.
  2. Ongeveer 8 miljoen bewysstukke – heelwat daarvan uit grusame plaasaanvalle – is ook onder sy leiding verlore.
  3. Met Cele as die voorbeeld word ‘n polisiebrigadier in KwaZulu-Natal tot generaal-majoor bevorder tien jaar nadat 98 wapens onder sy bestuur weggeraak het.
  4. Speurders moet uit hulle eie sakke betaal vir toerusting, vervoer en uniforms en dit beïnvloed hulle werk. 

Cele is in 2011 as polisiekommisaris ondersoek en geskors nadat bewyse oor korrupsie en wanbestuur aan die lig gekom het, maar eers in 2013 afgedank terwyl sy salaris van R1,3 miljoen steeds betaal is.

Die skelm sal altyd korrup wees en moet tsamaea!

Wat doen TLU SA

Sodra ons genoeg ondersteuning ontvang het, sal ons die Parlementêre Portefeuljekomitee oor Polisie nader en versoek dat Minister Bheki Cele uit sy pos ontslaan word.
Volg hierdie skakel om die veldtog te ondersteun: Klik hier.