James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Op Henry se Hart | Julie 2021

Is jy gereed?

Ons innige meegevoel aan almal wat onlangs geliefdes aan die dood moes afstaan. Ons verneem van al hoe meer lede hoe die pandemie en hedendaagse lewe ‘n hartseer impak op hulle lewens het. En onwillekeurig kom die vraag by jou op: ‘Is ek gereed?’

Ons moet daarop fokus om ons geestelike lewe reg te kry, sodat, wanneer dit ons tyd is om te gaan, ons weet ons is rég om te gaan. Ons lewe op aarde is tog tydelik en die ewige lewe begin eers in die hiernamaals.

Dit is daarom belangrik om daarop te fokus om elke dag reg te leef en geskille met mense reg te maak. Want as jy more nie hier is nie, het jy die geleentheid om struwelinge en foute met ander mense reg te maak verloor. Ons moet reg leef.

Ons het gesien hoe vinnig dinge in KwaZulu-Natal en Gauteng verkeerd geloop het. En tereg kan mens hier ook vra: ‘Is ek gereed?’

As anargie in my omgewing uitbreek is ek en my plaaswag gerat en sal ons die situasie kan hanteer?

Dit is belangrik om daarop te fokus om ‘n sterk struktuur in plek te kry en kommunikasie te verseker. Skenk veral aandag aan radiokommunikasie, want selfoontorings is onbetroubaar in ‘n onrus-situasie. Maak seker dat jy genoeg ammunisie binne die raamwerk van die wet het – onthou, vir selfverdediging is jy beperk tot 200 rondtes. Maak voorsiening vir ekstra nie-bederfbare kos, water en brandstof om na jouself, familie en medeboere te kan omsien.

Dit is belangrik om te vra of jy die hulp wat jy van jou boerevereniging of medeboer verwag, ook aan hulle kan aanbied in ‘n noodsituasie. Ons is net so sterk soos ons netwerk.

 

Groete,

Henry

 

Photo by Jonas Ferlin from Pexels

Kategorie:

Deel dit:

Op Henry se Hart | Julie 2021