Baie geluk aan die volgende ontvangers van die toekennings wat tydens die Kongres gemaak is:
VEILIGHEIDSTROFEE – 2026
Hierdie trofee word deur die Veiligheidskomitee bepaal en toegeken aan ʼn lid wat uitsonderlike diens in sy gemeenskap gelewer het as dit by landelike veiligheid kom.
Wenners: Floris Booysen & Hendrik Botha (Potgietersrus DLU)
Die Veiligheidskomitee het ook spesiale oorkondes aan Floris, Hendrik en die DLU uitgereik ter erkenning van hul uitsonderlike diens.
WILLIE MARAIS TROFEE – 2026
Toegeken aan die affiliasie wat die beste kommunikasiepoging intern en ekstern geloods het wat ten doel gehad het om TLU SA se standpunt uit te dra.
Wenner: De Wildt BV (vir die De Wildt Nuus-nuusblad)
KIEPERSOL TROFEE – 2025-2026
Die Kiepersol-kompetisie evalueer projekte wat aangepak is om die breë publiek bewus te maak van die rol van landbou en die georganiseerde landbou in die gemeenskap.
Wenner: Balfour BU (vir die Balfour Hooidag gehou op 21 Januarie 2026)
CHARLES BABER TROFEE – 2026
Die toekenning handel oor ‘n hulpbronbewaringsprojek wat in ’n gebied geloods en suksesvol deurgevoer is.
Wenner: Koedoesrand DLU (vir hul Landbougrond-bewaringsprojek)
LWO/TLU SA ARBEID WISSELTROFEE 2026
‘n Individu wat volgens ‘n verskeidenheid kriteria sy/haar arbeidspraktyke die gesondste bedryf (kriteria is in samewerking met LWO bepaal).
Wenner: Dewald Eksteen – Bufland Boerder
INTFIN Skild – 2026
Wisseltrofee aan die DLU/BU Sekretaresse wat vir die beste georganiseerde en doeltreffende kantoor verantwoordelik is.
Die doel van die trofee is om as aansporing te dien vir administratiewe personeel en erkenning te verleen aan die belangrike rol wat hulle ten opsigte van TLU SA-aktiwiteite speel.
Wenner: Renita Prinsloo – Potgietersrus DLU
COMMONDALE TROFEE – Beste BV 2025-2026
Toegeken aan die BV wat volgens evaluasie die beste administratiewe en organisatoriese vermoëns toon.
Wenner: Roedtan-Suid BV
RF CAMPHOR TROFEE 2025-2026
Toegeken aan DLU of BU wat volgens evaluasie die beste administratiewe en organisatoriese vermoëns toon.
Wenner: Potgietersrus DLU
ISAAC GREENBERG TROFEE 2025-2026
Die onderskeie streke ding outomaties mee. Faktore soos ledegeld-vordering, kommunikasie-aksies en effektiewe funksionering word in die berekening gehou.
Wenner: Oos-streek
TOEKENNINGS 2026 – tydens dinee
PRESIDENTSTOEKENNINGS:
Daar kan jaarliks deur die uitvoerende komitee ‘n Presidentstoekenning gemaak word aan ‘n individu wat ‘n hoogstaande bydrae gelewer het tot die bevordering van die landboubedryf in sy geheel of op ‘n bepaalde terrein, byvoorbeeld landboukundig, veeartsenykundig, ekonomies of organisatories.
Die uitvoerende komitee maak dus hierdie uitsonderlike toekenning aan die volgende persone:
- Vir hul Coast to Coast 4 Farmers inisiatief – Louwrens Mahoney, Carlo Smuts, Ruan Jordaan, Henry Lubbe
- Danie Odendaal
- Faffa Malan
ERE-LIDMAATSKAP:
Die Algemene Raad van TLU SA kan besluit om ‘n persoon as ‘n erelid van TLU SA te verkies. ’n Persoon kan as erelid oorweeg word wanneer daar oor ‘n tydperk van minstens tien jaar aan georganiseerde landbou op nasionale vlak ‘n hoogstaande diens gelewer is. Enige lid van die Algemene Raad kan ‘n gemotiveerde aansoek indien vir oorweging. Sodanige erelid het die reg om TLU SA se Algemene Raad sowel as die Kongres by te woon sonder stemreg.
Vanjaar se ontvanger van ere-lidmaatskap het vir baie jare gedien as TLU SA Dagbestuurslid en op die TLU SA UK, Finansiële- en LSB-komitees en was ’n stigters-direksielid van die TLU Eiendoms Beleggings Beperk. Hy het, onder andere, help toesien dat TLU SA finansieël oorleef het deur moeilike finansiële tye. Ons voel dus dat dit gepas is om hom te vereer.
Die toekenning gaan aan Tom Moodie.
Goliat van Gat Pampoenkompetisie 2026
Wisseltrofee aan die deelnemer met die swaarste pampoen & klein hou-trofee
Wenner: Wykus Lamprecht (653 kg)
Jeugboer van die Jaar 2026
Wenner: Jurgens Koen (prys: R5 000 kontant van Morgan Group – wat R50 000 bewillig het vir die voortbestaan en groei van hierdie kompetisie. Design Biologix het tydens die toekenningsaand ’n verdere R5 000 bewillig.
Jongboer van die Jaar 2026
3de plek: Marissa Solms (prys: 6 maande gebruik van die silwer JAECOO J7 sportnutsvoertuig van Hatfield Motor Group en R20 000 kontant van SANTAM)
2de plek: Gerhard Heinlein (prys: 6 maande gebruik van die wit JAECOO J7 sportnutsvoertuig van Hatfield Motor Group en R30 000 kontant van SANTAM)
Wenner: Bertus Joubert (prys: 12 maande gebruik van ’n wit BYD Shark elektriese inprop hibriede bakkie – van Hatfield Motor Group en 36 maande se tegnologie borgskap van SmartTime en iNspexia – wat sagteware en hardeware insluit – ter waarde van R124 000)
NICO KILIAN TROFEE 2026
Die kompetisie handel oor die landboupersoonlikheid van die jaar in die TLU SA bedieningsgebied.
Die trofee word toegeken aan ‘n lid op grond van voortreflike dienste gelewer, ‘n persoon wat hom beywer het om georganiseerde landbou te bevorder en wat ‘n besondere rol gespeel het in belang van landbou in die afgelope jaar.
Wenner: Wannie Scribante
Opregte dank word ook uitgespreek aan die volgende affiliasies vir hulle skenkings:
Suikerbos Boere-unie van Sentraalstreek – R150 000 (R100 000 TLU SA en R50 000 Traumafonds)
Balfour Boere-unie van Sentraalstreek – R50 000 TLU SA
Dankie ook aan die Kongres-borge.








