TLU SA het reeds in 1991 ‘n Voorsorgfonds vir landbou geregistreer waarby AgriSA, die LWO, Absa en later SANLAM ingeskakel het, om aan georganiseerde landbou en sy deelnemende werkgewers ‘n onafhanklike fonds te voorsien wat in staat is om aan hul werknemers bekostigbare aftree-, uitdienstredings-, ongeskiktheid-, ongeluk- (sterfte/verlies van ledemate) en begrafnisvoordele te bied.
Die belangrikste oorwegings van die Landbousektor Voorsorgfonds (LSVF) is:
- Sien om na die sosiale welstand van werknemers terwille van gemoedsrus en vertroue;
- Maak die finansiële las op die werkgewer ligter in geval van risiko’s soos dood, ongeskiktheid of die aftrede van werknemers.
Fooie vanaf 1 Julie 2021
Die LSVF wil graag kennis aan alle werkgewers wat reeds aan die LSVF behoort gee, dat die bydraes vanaf 1 Julie 2021 verhoog het, en met 4% aangepas is. (Jaarliks is die hersieningsdatum op 1 Julie vasgestel)
Die Landbousektor Voorsorgfonds bied ook voordelestrukture wat aanpasbaar is en wat volgens die werkgewer en werknemers se behoeftes saamgestel kan word.
TLU SA moedig alle nie-deelnemende werkgewers aan om by die fonds in te skakel as billike voorsorg vir hul arbeid.
Vir meer inligting kontak gerus vir George Dreyer by:
Sel: 082 789 3436
E-pos: george@mecconsult.co.za / support@mecconsult.co.za