TLU SA se Algemene Raad het ernstige kommer uitgespreek oor die hoeveelheid plaasprodukte wat gesteel word. Ons het ‘n werksessie in die verband gehou ten einde ‘n voorgestelde strategie na die SAPD te neem om die probleem te kan oplos.
Intussen wil ons graag die boodskap versprei dat informele verkope van plaasprodukte langs die paaie waar dit nie vanuit ‘n gevestigde stalletjie gedoen word nie, heel moontlik gesteelde produkte is.
TLU SA doen ‘n beroep op almal om produkdiefstal aan te meld.
Die streeksbestuurder van TLU SA se Noord-streek, Drickus Botha, het onlangs met ‘n paar landbouers gesels om gedagtes en idees oor die bestryding van hierdie misdaad uit te ruil.
Ek gee daardie gedagtes en idees aan u deur met die versoek dat u daarop sal uitbrei, stuur vir my per e-pos. Die doel is nie om dit wat bestaan af te skiet of te bespreek nie. Gee net die gedagte / idee en ons sal dit verwerk.
- Reik ʼn kwitansie uit vir goedere wat smouse by u op die plaas kom koop;
- Registreer ‘n projek by die plaaslike SAPD-stasie en voer dit saam die polisie uit;
- Kry ‘n hoëvlak taakspan op die been om ondersoek in te stel na die uitvoer van veral neute op grootmaat;
- Bring die kwessie van diefstal onder die verbruiker se aandag, veral die omvang in geldwaarde;
- Beheer die gebruik van etikette en verpakkingsmateriaal op die plaasbestuur en -beheer praktyk;
- Waar word gesteelde produkte verkoop;
- Lisensieer verkopers van landbouprodukte in die informele mark;
- Maak die gebruiker bewus daarvan dat die produkte nog onderhewig mag wees aan ontrekking van gif;
- Groenmielie-diefstal bestaan, die diefstal van klaar ge-oeste mielies op pad na die silo toe begin ook toeneem;
- Vind en sluit onwettige aanlegte wat gesteelde goedere verwerk;
- Munisipale amptenare / Metro Polisie se betrokkenheid;
- Vonnisse tydens skuldigbevinding te laag;
- Sake word nie gerapporteer nie;
- Die vervoer van varsprodukte moet ook gereguleer word soos die vervoer van lewende hawe (art6 en 8);
- Kry ‘n inligtingnetwerk in plek;
- Kry SARS betrokke;
- Arbeiders moet gebruik word as inligtingsbron;
- Naspeurbaarbaarheid van produkte moet nagevors word;
- Produsente organisasies moet betrokke raak; en
- Gebruik beskikbare videos van eie veiligheidkameras.