Statistiek Suid-Afrika het onlangs die resultate van hulle 2017 landbou opname bekend gemaak. Dit vertel nogal ‘n interessante storie oor landbou in Suid-Afrika.
Die opname is gedoen onder alle landbou besighede wat vir BTW geregistreer is.
Daar is 7 951 geregistreerde plase in die Vrystaat provinsie. Dit is 20% van die nasionale totaal. Die totale landbou grond in die provinsie is 7.6 miljoen hektaar wat 59% is van die totale oppervlakte van Vrystaat. Vrystaat is die 2de grootste provinsie t.o.v. landbou inkomste verdiener. Die provinsie is die leier in bees produksie. Die meeste van die land se beeste kom voor in die Thabo Mofutsanyane distrik. Dit is 14% van die nasionale bees populasie. Die Vrystaat is ook die leier in mielie en aartappel produksie.