Landbouspore – TLU SA In Gesprek | Julie 2021

Op Landbouspore het TLU SA die afgelope maand in gesprek getree met verskeie rolspelers wat bydra om boere volhoubaar op hulle grond te hou. Ons het gesels met:

  • Jan Bosman van die Ad hoc-groep vir die beskerming van Eiendomsreg oor die voorgestelde vuurwapenbeheer wetsontwerp;
  • Christo Bester van die LWO Werkgewersvereniging oor dissiplinêre verhore;
  • Hanlie Kroese van Santam Landbou gesels oor hulle betrokkenheid by jong boere in die land;
  • Bennie van Zyl en Chris van Zyl in ‘n spesiale uitsending oor die stand van sake ten opsigte van die onluste en geplundery in Suid Afrika;
  • Bennie van Zyl en Chris van Zyl gee terugvoer oor ‘n indringende UK vergadering saam met die Veiligheidskomitee oor die situasie in die land;
  • En met Dr Corné Mulder van die Vryheidsfront Plus oor die nuwe wysigings rakende art. 25 van die Grondwet te make met onteiening sonder vergoeding.

Vorige opnames is beskikbaar op die YouTube-kanaal en ook op die webwerf.

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.