Plaas info@emails.tlu.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie kyk na die aanlyn-weergawe. Oktober 2022  
 

WAT GEBEUR BY TLU SA

 
OP HENRY
SE HART

Na aanleiding van navrae by van ons lede oor die rooivleis hantering het ek dit goedgedink om ’n geleentheid te skep waar die werking van georganiseerde landbou en ons elk se rol daarbinne opnuut in perspektief gestel kan word.

LANDBOUSPORE –
TLU SA IN GESPREK

Alle opnames vir Landbouspore is beskikbaar op die YouTube-kanaal en ook op die webwerf.

OP HENRY
SE HART

Die laaste tyd het die uitleef en instandhouding van waardes en goeie beginsels in vele opsigte weer na vore gekom. Op die einde van die dag is dit waaraan mens gemeet word en bepaal dit wat gedoen word.

Brande in NK
en NW

Te midde van groot dele wat steeds gebuk gaan onder ’n erge droogte wat jare steeds met van die boere is, het groot dele in vernietigende brande duisende hektare weiding verloor.

 
Doelwitte in
die lewe

In ’n deurmekaar wêreld raak dit so maklik om later verkeerd te fokus en eerder ingestel te wees om vanuit die negatiewe sake te beskou en dan afbrekend insette te gee.

OPE
SKIETDAG

Skietdag ten bate van die Traumafonds. Aangebied deur TLU SA Oos/Natal streek.

Staatskoerante
Oktober 2022

Vind hiermee gepubliseerde staatskoerante. Hanteer en versprei asseblief soos nodig.

 

TLU SA SE KOMITEES

 
PLAASLIKE REGERING
 

ONBEVOEGDHEID BY PLAASLIKE REGERING WORD MOONTLIK AANGESPREEK

Een van die grootste frustrasies vir die inwoner in enige gebied in SA sal beslis die feit wees dat swak, onbevoegde diens gelewer word deur die munisipaliteite wat wissel van bestuurslisensies, rekeninge, vullisverwydering, onderhoud en natuurlik die voldoende voorsiening van water aan inwoners.

Op 20 September 2022 het die Nasionale Skool vir Regering (National School of Government of NSG) bekend gemaak dat ’n projek begin word waaronder opleiding aangebied sal word met die teikenmark seniorbestuur vir die bekamping van anti-diskriminasie in die staatsdiens en bestuursprestasiekursus vir die middel bestuur. Die twee kursusse sal aanlyn aangebied word as deel van die projek om kennis en vaardigheid aan publieke dienaars te voorsien wat dienste lewer aan die publiek. Die hoof van die skool, Prof Busani Ngcaweni het gemeld dat alle senior bestuur die
kursus moet onderneem.

Lees meer hier


 

NUUS UIT DIE STREKE

 
Vrystaat & Noordwes

Ons is baie dankbaar dat die siekte beheer gebied in die Vrystaat verklein is en dat gesplete hoefdiere weer vrylik vervoer mag word. Die belangrikheid van ’n naspeurbaarheidstelsel onder vee is baie belangrik sodat soortgelyke afsluitings nie weer op dieselfde skaal plaasvind nie.

In Noordwes het ons die landelike veiligheids spitsberaad bygewoon en ons hoop van harte dat die landelike veiligheids plan nou geïmplementeer sal word. Ons boere sal al hoe meer na eie veiligheid moet omsien, des te meer in dele waar SAPD strukture en stasies nie funksioneer nie.

Die brande in Noordwes en die Noord-Kaap het groot behoefte tot gevolg. TLU SA is deel van die Manna vir die Boere groep, wat skenkings koördineer tussen verskeie organisasies. Vir enige voer of geldelike skenkings kan TLU SA gekontak word.


 
Oos & KZN

Veiligheid
Dit wil voorkom asof daar ’n hernude aanslag op ons boeregemeenskap in Oos- en Natalstreek is. Dit is van kardinale belang dat ons lede hul veiligheidsituasie op hul plase die nommereen-prioriteit moet maak. Ons kan dit net eenvoudig nie meer bekostig om nie elke oomblik nie 100% paraat te wees nie.

Padvervoer
Die situasie rondom pad vervoer in die Natalstreek en meer spesifiek Pongola-omgewing het totaal hand uit geruk. Die hantering van die situasie deur die owerhede is uiters power om die minste te sê.

Gewasse
In groot gedeeltes van  die Oos- en Natalstreek het daar reeds ’n somer reëntjie geval. Ons boere is dus besig met die plant van somer gewasse. 

Projekte 
Ons is opgewonde om te kan aankondig dat ons jaarlikse skiet-kompetisie weer op 26 November plaasvind. Groot pryse is op die spel en almal is welkom om in te skryf. Hou TLU SA se Facebook-blad dop vir die nodige inligting. U is ook welkom om my Ronnie Schilling Streeksbestuurder Oos en Natal te kontak by selfoonnommer 083 642 7230  vir enige navrae.


 

HULP EN VERSTERKING

 
 

LEDE
VOORDELE

Landbousektor voorsorgfonds

Lees meer hier.

 

SARS Kompromie – kom ons maak ’n “deal”

 

Boereplaas … deur CF Visser
O boereplaas, geboortegrond!
Jou het ek lief bo alles.
Al dwaal ek heel die wêreld rond,
Waar so gelukkig, so gesond?
O boereplaas, geboortegrond!
Jou het ek lief bo alles.

Lees meer hier.

 

ADVERTENSIES

 

Boere, dis kompetisie tyd!

Lees meer hier

 

Verbeterde produktiwiteit

Lees meer hier

 

 

 

 

Boer vooruit met NWK Online

Om landbouprodusente se dinamiese vennoot in ʼn veranderende besigheidsomgewing te kan wees, bly NWK aan die voorpunt van innovasie. Daarom spog sy unieke toepassing, NWK Online, wat in 2012 bekendgestel is, nou met ʼn nuwe baadjie wat ook nuwe toevoegings insluit.

Lees meer hier

 

 

Die toekoms van landbou is reeds hier

 

deur Daneel Rossouw, Funksionele Hoof van Landbou by Nedbank Verhoudingskanale 

Die Suid-Afrikaanse landbousektor het oor die afgelope paar jaar merkwaardige veerkragtigheid getoon en vars benaderings en baanbrekerontwikkelings bekendgestel om sy potensiaal te hervorm en stewige fondasies vir verdere groei te bou. 

Lees meer hier