Boere, dis kompetisie tyd!
Aan alle Afrikaanse landbou liefhebbers, ons het goeie nuus. Boere het nou die geleentheid om landbou te studeer in Afrikaans deur AGRICOLLEGES International!
Hierdie kursusse word aangebied in ons moedertaal en is ideaal vir opkomende boere, onlangse skoolverlaters of selfs gevestigde boere wat hul kennis van landbou praktyke wil verfris en verbeter. Hierdie kompetisie word in samewerking met TLU SA aangebied. Vir die boere, deur die boere.
Wat kan jy wen?
Drie kursusse vir drie gelukkige boere.
Inleiding tot Plantproduksie
Volgende Begindatum:
7 Februarie 2023
Tydperk:
7 weke
Deeltyds:
10 ure per week
Waarde van kursus:
R 4400
Taal:
Afrikaans
Inleiding tot Diereproduksie
Volgende Begindatum:
7 Februarie 2023
Tydperk:
7 weke
Deeltyds:
10 ure per week
Waarde van kursus:
R 4400
Taal:
Afrikaans
Inleiding tot Landboubesigheid
Volgende Begindatum:
7 Februarie 2023
Tydperk:
7 weke
Deeltyds:
10 ure per week
Waarde van kursus:
R 4400
Taal:
Afrikaans
Inskrywing Vereistes:
- Skryf ’n 150 woord opsomming oor die belangrikheid van opleiding in die Landbousektor.
- Sluit asseblief ’n foto (of video!) van jou op die plaas in.
- Laat weet ons in watter inleidingskursus jy belangstel.
- Stuur inskrywings aan sekretaresse@tlu.co.za
Sluitingsdatum vir inskrywings: 31 Oktober 2022
Aankondiging van wenners: Ons sal wenners op 21 November bekendstel via TLU SA Agricolleges International se sosiale media platforms, by die TLU SA mediafunksie en ook persoonlik gekontak word.
AGRICOLLEGES International beoog om in die nabye toekoms al sy kursusse in Afrikaans te vertaal om so ook die studente wat graag in hul moedertaal wil studeer die geleentheid te bied om hul kennis en opleiding te verbeter. AGRICOLLEGES het die leerkonsep ontwikkel deur ʼn e-leer platform te skep wat studente akkommodeer met hul landboustudies via rekenaars en mobiele toestelle. Hierdie leergeleenthede is wêreldwyd beskikbaar, afhangend van die student se toeganklikheid tot die internet.
AGRICOLLEGES International is AgriSETA geakkrediteer en bied daarvolgens een jaar geakkrediteerde Nasionale sertifikate aan in Algemene Landbou, Plantproduksie, Diereproduksie, Plantproduksie (Kannabis & Hennep) asook verskeie relevante kort kursusse en vaardigheidsontwikkelingskursusse in landbou.
AGRICOLLEGES is baie trots op ons meer as 1700 alumni vanuit 40 verskillende lande.
Vir meer inligting oor AGRICOLLEGES se kursusaanbieding, besoek https://agricolleges.com/agriculture-courses/