Advertensie | Verbeterde produktiwiteit deur operateur-gedragbestuur

Ctrack begryp ten volle dat ’n suksesvolle boerdery-onderneming afhanklik is van ’n verskeidenheid van roerende bates. In die lig van stygende kostes kan die wyse waarop hierdie bates gebruik en bestuur word, ’n onderneming letterlik maak of breek.

Ctrack plaas ’n hoë prys op sy vennootskap met TLU SA, waardeur hy die veiligheid- en sekerheidsinisiatiewe van hierdie gemeenskappe steun, terwyl die maatskappy terselfdertyd pasgemaakte Agri-oplossings ontwikkel wat die landbousektor bystaan om hul ondernemings so doeltreffend as moontlik te bedryf.

“Die vennootskap tussen Ctrack en TLU SA bied ’n verskeidenheid van voordele vir TLU SA-lede en die breër boerderygemeenskap. Basies het TLU SA-lede danksy hierdie vennootskap toegang tot ’n omvattende suite van Ctrack se moderne en doeltreffende opsporings- en vlootbestuuroplossings,” sê Hein Jordt, Uitvoerende Hoof van Ctrack Africa.

Die wyse waarop voertuie en plaasimplemente gebruik word, het die grootste invloed op daardie bates se koste per kilometer en produktiwiteit. Die Wie?, Waar? en Wanneer?, en veral die Hoe? kan ’n ingrypende impak hê op plaasproduktiwiteit en -winsgewendheid. Plaasbedrywighede maak staat op die doeltreffende bedryfstyd van bates om die minimum-manktyd en vertragings in die daaglikse take te verseker, en Ctrack se suite van Agri-oplossings verskaf die telematika-instrument, in reële tyd, van feitlik enige plaasbate, hetsy trekkers, vragmotors, sleepwaens, sproeimasjiene, laaiers, heiningplanters/snoeiers, baalmasjiene en selfs onaangedrewe bates.

Met die Driver Management-instrumente, deel van Ctrack se Agri-oplossings, kan die boer of die plaasbestuurder ’n virtuele ogie hou op al die bates en hoe hulle gebruik word, van enige plek af, via enige toestel met ‘n internetkonneksie. Daar is verskeie metodes waardeur operateurgedrag gemonitor kan word, insluitende kajuitkameras met hoogtegniese Kunsmatige Intelligensie, geosone-plekkartering en virtuele heinings (toegelate en verbode areas), sowel as batewaarskuwings – dit alles word rekonfigureer deur die boer of die plaasbestuurder om te verseker dat die korrekte inligting op die aangewese tyd ontvang word.

Die proaktiewe monitering van operateurs en plaaswerkers wat plaasbates bedryf, dra verder by tot beter batebeheer deur botsings, spoedoortredings en onveilige gebruik te verminder, en om gevaarlike plekke te vermy. Diefstal- en peuter-waarskuwings kan ook rekonfigureer word. Om te verseker dat slegs gemagtigde personeel voertuie bedryf, is maklik om te implementeer en te beheer.

Die pas bekend gestelde Ctrack Crystal-platform en slimfoon-toepassing het reeds getoon dat dit van onskatbare waarde is in die monitering van operateurgedrag, en ook in die kweek van ’n goeie bestuurskultuur, terwyl dit die optimale gebruik van voertuie in die vloot bevorder. Die mobiele Crystal-bestuurstoepassing, wat die Ctrack Agri-suite aanvul, gee bestuurders en operateurs groter beheer oor hul daaglikse aktiwiteite met eienskappe soos tweerigting-boodskappe, taaklyste, navigasie en ’n geïntegreerde kamera-oplossing.

As deel van hierdie toepassing word van operateurs verwag om ’n voorgebruiksinspeksie-puntekaart in te vul. Hierdie puntekaart is ’n waardevolle datastroom in die identifisering van enige kwessies en om op die hoogte te bly met versieningsdienste, instandhouding en lisensiehernuwings, wat van kritieke belang is vir die algehele welstand en bestuur van plaasbates.

Die operateurspuntekaarte bied ook ’n topklas-oorsig van ’n verskeidenheid van parameters, wat dit makliker maak om in te gryp wanneer nodig, en om ’n ogie op kostes te hou voordat hulle handuit ruk. Op grond van die inligting wat ingewin word, kan boere en plaasbestuurders tydige besluite neem van probleemareas wat geïdentifiseer is. Die gevolg is produktiewe batebenutting, die allokasie van bates vir operateurs, operateurondervraging, opleiding, en nog meer.

“Operateursgedrag, voorgebruiksinspeksie en die produktiewe gebruik van voertuie en plaastoerusting is kritieke bydraers tot beter batebestuur, brandstofgebruik en, uiteindelik, kostebesparing,” sê Jordt.

Met Ctrack se Agri-oplossings kan boere hul boerderyprestasie verbeter, wat op sy beurt lei tot kostebesparings met beter bateproduktiwiteit, en beter beplanning en strategiese besluitneming.

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.