Boereplaas … deur CF Visser
O boereplaas, geboortegrond!
Jou het ek lief bo alles.
Al dwaal ek heel die wêreld rond,
Waar so gelukkig, so gesond?
O boereplaas, geboortegrond!
Jou het ek lief bo alles.
Vir my is daar min dinge lekkerder as om oor die velde uit te kyk met ’n koppie Boeretroos in die hande. Jou gedagtes kan ver paaie loop – of sommer net stil wees. Elke keer kom Psalm16:6 by my op: “ ’n Pragtige deel is vir my afgemeet, ja, wat ek ontvang het, is vir my mooi…” totdat jou selfoon skel die stilte versteur – en ’n onaangename gesprek plaasvind.
’n Ongeïnteresseerd stem :“ Hallo, am I speaking to Mister Diejagor?”
Jy: “Who?”
Stem: “Mister Diejagor.”
Jy: “Who?”
Stem: “Mister Diejagor”.
Jy besef hierdie stem is baie beslis dat hy/sy met daai mister wil praat. Jy besef dis of iemand van die regering, of iemand wat aan jou versekering wil verkoop. Al oplossing is dat jy jou maar wend na spelling – anders gaan hierdie gesprek nêrens heen nie.
Jy: “Can you spell it please?”
Stem: “D for donkey, E for elephant, a space, J for Jackal, A for appoel, G for ground, E for elephant, R for red.”
’n Lig gaan op!
Jy: “DE JAGER!! That’s me.”
Stem: “Mister Diejagor, it is …I am calling from SARS….
Dit is presies net hier wat al jou verwagtinge vir ’n vreugdevolle dag in skerwe spat. Jy voel hoe die are in jou nek opswel. Jy onthou baie goed die keer toe SARS, net voordat jy die koöperasie moes betaal, jou bankrekening geplunder het – erger geplunder as ’n lemoenboord deur ’n trop wilde bobbejane langs die Kruger Wildtuin. Alles omdat SARS van opinie was dat jy hulle geld skuld…
…en jy vrees vir die ergste…
want in die tussentyd het brandstofpryse verhoog en beurtkrag sy tol geëis en skuld jy wel ’n ongemaklike bedraggie aan SARS.
Wat min mense weet is dat daar egter opsies is indien jy SARS geld skuld. Aksies wat kan voorkom dat jou bankrekening geplunder word.
Artikel 200 van die Belasting Administrasie Wet hanteer kompromieë op belasting betaalbaar vir Individue, Maatskappye, Trusts en BK’s. Dit hanteer ondermeer die proses waar SARS ’n gedeelte van jou belasting betaalbaar afskryf asook afskrywing van boetes en rentes. Die doel van ’n kompromie is om die hoogste opbrengs van belastingverhaling te bereik in gevalle waar die belastingbetaler nie die volle bedrag kan betaal nie. Die beslissing word gebaseer op wat die “beste vir Suid-Afrika” sal wees.
Slegs ’n senior SARS amptenaar mag so ’n besluit neem.
Die belastingbetaler moet self inisiatief neem en die aansoek begin vir ’n kompromie. Ondermeer moet die volgende ingedien word saam met die aansoek:
- Bates en laste teen markwaarde,
- Inkomstestaat,
- Lys van bates verkoop,
- Lys van belanghebbende persone,
- 3 Jaar finansiële plan, insluitende inkomstes en uitgawes, asook
- Volledige motivering.
In die volgende gevalle word ’n kompromie glad nie goedgekeur nie:
- Minder as drie jaar het verstryk vanaf die vorige kompromie,
- Belastingvorms is nie tot op datum ingedien nie, of
- Daar reeds likwidasie/sekwestrasie dreigemente of aksies geneem is.
Dis baie belangrik om hierdie proses korrek en volledig te doen. In my ervaring is die motivering die heel belangrikste dokument van alles. In my praktyk word baie tyd gewy aan die motivering – en slegs ek persoonlik hanteer die motiverings. Ek is ’n geregistreerde rekenmeester en ouditeur met 28 jaar ervaring. Die datums wat al die agterstallige vorms en aansoek ingedien word, is ook baie belangrik. Ek sal aanbeveel dat u eerder ’n professionele persoon (wat spesialiseer in Artikel 200 aansoeke) aanstel vir hierdie taak.
Die oumense het ’n gesegde: “Spyt is ’n baie goeie ding, dis jammer dit kom altyd te laat”. Indien u deur finansiële probleme gaan moet u onmiddellik u belastingpraktisyn in kennis stel. Dis makliker om te keer dat SARS geld uit jou rekening neem as wat dit is om jou geld van SARS terug te kry.
Indien u enigsins hulp benodig is u welkom om Marica Gerber te kontak van Camira Geregistreerde Rekenmeesters en Ouditeure.
Selfoon: 0846022397
Landlyn: 0861115227
WhatsApp nommer: 0603832046
E-pos: Info1@camira.co.za
Webblad: www.camira.co.za
Hierdie artikel is opgestel volgens inligting aan ons beskikbaar en ons eie ervaring. Dit verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van SARS of enige iemand anders nie.