deur Daneel Rossouw, Funksionele Hoof van Landbou by Nedbank Verhoudingskanale
Die Suid-Afrikaanse landbousektor het oor die afgelope paar jaar merkwaardige veerkragtigheid getoon en vars benaderings en baanbrekerontwikkelings bekendgestel om sy potensiaal te hervorm en stewige fondasies vir verdere groei te bou.
Van die plaas tot die vurk, het die waardeketting ontwikkel om by ons unieke omstandighede in Suid-Afrika aan te pas deur juis die uitdagings wat die sektor in die gesig staar in te span om verandering teweeg te bring. Innoveerders en ontwrigters het oplossings geskep wat dié uitdagings oorkom en doeltreffendheid instel wat die Suid-Afrikaanse landboulandskap herdefinieer.
Vindingrykheid is oral
Insetverskaffers en biotegnici gebruik tegnologie om sade, kunsmis en ander produkte te ontwikkel (waarvan sommige Suid-Afrika aan die voorpunt van wêreldwye produksie hou) wat meer veerkragtig en volhoubaar is om groei aan te moedig.
Boere speel ’n massiewe rol om vindingryke oplossings en beste praktyk te bevorder en te verfyn om sodoende grondgesondheid, waterdoeltreffendheid, volhoubare boerderypraktyke ensovoorts te verseker. Nuwe rolspelers ontwikkel tans produkte wat binnenshuis en vertikaal groei, en verskuif voortdurend die maatstawwe van volhoubare en vindingryke benaderings tot voedselproduksie.
Net so onwikkel bemarkingsagtente en boere ook slim en nuwe maniere om markte meer inklusief te maak, winsgrense te verbeter, inkomste te diversifiseer en besighede teen eksterne ontwrigtings te beskerm. Landbou-e-handelplatforms verbind verbruikers nou direk met verskaffers, wat boere nie net toelaat om hul stories te vertel nie, maar ook deursigtigheid verbeter en winsgrense vir produsente verhoog.
Logistiek is ’n paar harde knoue toegedien, veral met die verbrokkelende infrastruktuur en ondoeltreffendeid wat die voorsieningsketting belemmer. Inisiatiewe is egter van stapel gestuur om kwessies met betrekking tot paaie, hawes en spoorvervoer op te los, en om die bestuur van die bedryf te stroomlyn en vervoerkoste te verminder. Selfs die regering belê geld in probleemareas. Hul begroot biljoene rande om infrastruktuur uitdagings aan te spreek en die goedkeuringsproses vir innoverings en ontwikkelings – wat tans aansienlike vertragings veroorsaak – te verbeter.
Revolusionêre finansiering
Die beleggings wat die bedryf vorm word deur ander sleutelspelers aangedryf. Finansiële instellings het slim en pasgemaakte oplossings wat baie behendig en relevant tot die bedryf se unieke behoeftes is. Net so bied versekeringsmaatskappye ook oplossings wat risikospesifiek is, met beter ondersteuning aan landboumaatskappye vir wie die openbare sektor se swak veiligheidsnet ’n uitdaging is. By Nedbank verstaan ons die toekoms van landbou, die uitdagings en kompleksiteite wat vooruitsigte belemmer asook die geleenthede wat dit bied. Ons is aan die voorpunt van belegging in innovasie en vorm vennootskappe met sleutelrolspelers en ontwrigters in die landboubedryf.
Deur groter te dink, bied ons span kundiges in Gauteng – onder leiding van streekslandboubestuurder Shawn Stapelberg – ’n magdom innoverende oplossings wat verder as net banksake strek en jou landboubesigheid ’n volhoubare en inklusiewe toekoms kan gee. Shawn het ’n honneursgraad is Landbou, met Landbou-ekonomie as hoofvak aan die Universiteit van die Vrystaat, tesame met nege jaar se ondervinding in Landboufinansiering.
Met ’n kliëntelys wat landboubesighede in gewasproduksie en gespesialiseerde bedrywe soos voerkrale, varkboerdery en pluimvee insluit, is die span besonder bedrewe in kontantvloeimodellering en die skep van innoverende finansieringsterugbetalings- en sekuriteitstruktuuroplossings, asook pasgemaakte, volhoubare finansieringsoplossings vir hul kliënte, veral sonkragfinansiering, waarvan Nedbank aan die voorpunt is.
Wil jy net nóg ’n finansiële vennoot hê, of die regte vennoot wat jou landboubesigheid kan help groei? Om meer uit te vind, e-pos Shawn by shawns@nedbank.co.za of besoek nedbank.co.za/agriculture.