194 James Drive, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Members / Friends matters: ledesake@tlu.co.za

Nuwe Streekbestuurder vir TLU SA Noord

Mnr. Stephen Hoffman, voorsitter van TLU SA Noord, sê dat ‘n nuwe Streekbestuuder vir TLU SA Noord aangestel is. Mev. Wilma Prinsloo neem reeds vir die afgelope twee en half jaar waar as Streekbestuurder, maar die werkslading en uitdagings vir landbou het dit genoodsaak dat ‘n permanente persoon adissioneel aangestel moet word.

Mnr. Nic Haarhoff, ‘n ou bekende in die onderwys gebied, is as nuwe Streekbestuurder vir TLU SA Noord aangestel en het op 14 Januarie 2013 diens aanvaar. Mnr. Haarhoff kom hoofsaaklik uit ‘n onderwys agtergrond en was vanaf 2008 tot 2012 die hoof gewees by die CVO Skool op Vivo.

Mnr. Haarhoff sal gestasioneer wees in Vivo, maar die Streekkantoor van TLU SA Noord is steeds in Polokwane en kan gekontak word by:

Straat Adres:     Goud Straat 66

Tel:                   015 – 293 9804

Faks:                0866 180 781

Epos:               wilma@ntlu.co.za” href=”mailto:wilma@ntlu.co.za“>wilma@ntlu.co.za

Mnr. Hoffman spreek die hoop en verwagting uit dat die aanstelling van Mnr. Haarhoff net tot voordeel van die organisasie sal wees en hy nooi al die lede om Mnr. Haarhoff te skakel met enige probleme. Sy kontakbesonderhede is:

Sel:                  071 604 6150

Epos:               nicntlu@gmail.com” href=”mailto:nicntlu@gmail.com“>nicntlu@gmail.com

Kategorie:

Deel dit:

Nuwe Streekbestuurder vir TLU SA Noord