Plaas press@tlu.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie kyk na die aanlyn-weergawe.
 

WAT GEBEUR BY TLU SA

 
Landbou in
‘n oogknip

Statistiek Suid-Afrika het vroeër vanjaar die resultate van die 2017 Landbou-opname bekend gemaak. Ons ontleed maandeliks verskillende aspekte van die opname. Vandeesmaand kyk ons na provinsies se bydrae tot landbou.

Boodskap van
Bennie

Aanvanklik was alle bedryfsorganisasies, (die kommoditeitesorganisasies) as komitees op alle vlakke deel van die georganiseerde landboustrukture. Koöperasies was ook deel van hierdie strukture as ‘n besigheidsbeen .

ANC draai
krane oop

Ons neem met kommer kennis van die ANC se versterkte aanslag die strategie van die Nasionaal Demokratiese Rewolusie, soos bevestig by die laaste konferensie, te probeer vestig.

Plaaspraatjies
 

Die program Plaaspraatjies wat TLU SA aanvanklik op ASTV aangebied het, word nou weer voortgesit op ander platforms, en die eerste van die nuwe reeks is reeds vervaardig en op ons Youtube-kanaal uitgesaai.

 
Eiendomsregkwessies gaan voort

Met die uitbreek van die COVID-19 pandemie, is alle fokus eers daarop gerig. Dit het by die meeste van ons lede gegaan oor oorlewing, en te kan voortgaan met hulle boerdery ten spyte van drakoniese regulasies en sinnelose maatreëls.

TLU SA/Agriseta beurse vir studente

Daar word jaarliks gepoog om fondse vanaf Agriseta te bekom om beurse beskikbaar te kan stel aan studente wat aan die voorskrifte soos bepaal deur Agriseta, voldoen. TLU SA se aansoek is goedgekeur en sewe beurse kon vir 2020 toegeken word. 

TLU SA Befondsingprojek

Die projek waar lede wat graan aan silo’s lewer, ‘n sekere hoeveelheid tonnemaat aan TLU SA skenk, is weer aktief en TLU SA is diep dankbaar vir elke lid se skenking. 

TLU SA se
blad op FB

Gaan ondersteun gerus ons Facebookblad deur dit te ‘Like’. Jy kan jou vriende sommer ook vinnig nooi.

 

SAMEWERKING EN GELEENTHEDE

 

TLU SA DIGITALE JAARKONGRES 2020 | ‘n Nuwe Aanslag

Ons herinner graag aan die Jaarkongres wat hierdie jaar in elektroniese formaat aangebied word. Die inskrywings begin stadig maar seker inkom en ons voorsien dat alle tegniese probleme teen daardie tyd uitgesorteer sal wees sodat ons in camera kongres, die leiersverkiesing asook die grondwetwysigings met die nodige kworum “teenwoordig” afgehandel sal kan word.

Die TLU SA Jaarkongres bly die hoogtepunt op TLU SA se jaarprogram en daar kan met behulp van tegnologie nou ‘n groter inkoop tot by die lid wat nog nooit die Kongres fisies kon bywoon nie, bewerkstellig word.

 

KRAGDAG | TLU SA Landbou ekspo 2020

TLU SA se Kragdag Landbou Ekspo wat in Augustus sou plaasvind, moes ongelukkig aangeskuif word weens COVID-19 se inperking regulasies wat tans nog in plek is.

Die voorlopige datums is nou 3 tot 5 Desember 2020. 
Meer inligting sal in die volgende Pitkos beskikbaar gestel word.  

 

 

TLU SA KOMPETISIES 2020 | ‘n Boer maak ‘n Plan!

Die gesegde doen hom werklik gestand en van bier wat van pynappels gemaak word tot teeblare wat skielik goed lyk om in pype te stop, is die kreatiwiteit van ons mense nogal iets om te beleef.

By die Algemene Raad se vergadering van 20 Mei 2020 waar vele raadslede vir die eerste keer ‘n elektroniese vergadering kon bywoon via Zoom, is besluit dat ons moet voortgaan met die kompetisie-evaluering hierdie jaar.

Alhoewel baie projekte as gevolg van die pandemie nie kon voortgaan nie, is die periode waaroor die kompetisies geëvalueer word 1 Mei 2019 tot 30 April 2020. 

 

 
 

VEILIGHEID

VEILIGHEIDSTENDENSE VERSLAPPING VAN INPERKINGSREGULASIES VEILIGHEIDSTROFEE

Met die instelling van die inperkingsregulasies was daar ‘n opmerklike afname in beide plaasaanvalle asook gevolglike moorde. In werklikheid is die voorkoms daarvan bykans gehalveer. Mettertyd het dit egter duidelik geword dat toenemende hongerte, toenemende diefstal van lewende hawe, eetbare produkte asook gereedskap (wat vir kontant verkwansel kon word) tot gevolg gehad het. Om sake te vererger het die Minister van Polisie se onwrikbare beperking op die aktiwiteite van Plaaswagte tot gevolg gehad dat elke landbouer 24 uur per dag, sewe dae per week benewens die normale plaaswerk, ook moes omsien na veiligheid op sy eiendom.

 

Die regering is waarskynlik besig om ‘n verslapping van die inperkingsregulasies te oorweeg. Hierdie verslapping sal uiteraard groter bewegingsvryheid vir die burgery tot gevolg hê en dit opsigself mag daartoe bydrae dat die aanvanklike daling van misdaadvlakke binne afsienbare tyd weer mag terugkeer tot die omstandighede wat voor die afkondiging daarvan in Maart 2020 geheers het. Ongelukkig gaan die omvangryke werksverliese wat as gevolg van die inperking plaasgevind het, nie noodwendig ‘n gepaardgaande afname in misdaad wys nie.

Tydens Kongres 2019 is ‘n Veiligheidstrofee vir die eerste keer toegeken. Daardie toekenning was verlede jaar postuum aan wyle Maurice Leonard toegeken. Die Veiligheidskomitee het besluit dat bepaalde kriteria vanaf vanjaar sal geld en dat in verdienstelike gevalle, die trofee aan hetsy ‘n individu of ‘n affiliasie/Plaaswag toegeken word. ‘n Basiese stel kriteria is reeds geformuleer en daar is besluit dat sou daar meer as een nominasie per streek realiseer, die betrokke streek ‘n finalis sal aanwys. Lede van die Veiligheidskomitee sal in gevalle waar meer as een streek se nominasies van finaliste ontvang word, aan die hand van die kriteria ‘n wenner aanwys. Die keerdatum vir die finale beslissing deur die Veiligheidskomitee is 15 Julie 2020.

 

NUUS UIT DIE STREKE

DIE NOORDSTREEK
 

Streekbestuursvergadering
Die Bestuur van Noordstreek het direk na afloop van TLU SA se Uitvoerende Komitee vergadering ‘byeengekom’.

In Warmbad het agt mense in die Waterberg DLU se kantoor byeengekom, in Soutpansberg het drie mense byeengekom, en hulle is met individue elders in die streek per Zoom-konferensie aan mekaar verbind. Dit het uitstekend gewerk en daar was groot meelewing en positiwiteit oor die pad vorentoe.

Veral die komende TLU SA kongres wek geesdrif, deurdat meer lede dit sal kan bywoon deur byeenkomste op Boereverenigingvlak op die Zoom-kongres te laat inskakel. Op dié wyse kan alle lede deel wees van die kongres, met minimum koste sonder om lank weg te wees van die plaas. Die beplanning is dat elke BV op dié wyse betrokke gaan wees, die plaaslike media gaan uitnooi om by te woon, en ‘n feestelike sosialisering na afloop.

Veiligheid
Die veiligheidsituasie kry deurlopend aandag. Veral in aanloop tot 16 Junie, voorheen berug as Sowetodag, is weer stokou wolhaarstories uitgehaal en versprei wat hier en daar selfs paniek veroorsaak het.
Die verspreiding van fopnuus is deesdae ‘n strafregtelike oortreding, en dit sal goed wees as die eerste oorsprong van verspreiding gevind kan word en daar van so ‘n persoon ‘n voorbeeld gemaak kan word.
Die standaard moet wees dat as ‘n boodskap by lede uitkom, en daar is geen naam en kontakbesonderhede van die opsteller, naam van die beweerde bron en datum van oorsprong vermeld nie, sodanige boodskappe nie verder versprei moet word nie. Op dié wyse kan die verspreiding van fopnuus grootliks aan bande gelê word, en sal dit vir die verspreiders daarvan nie meer aanloklik wees om te probeer uitstuur nie.

Winter
Die koue het behoorlik in die land se noordelikste provinsie ook toegeslaan, en berigte is ontvang dat die koudste temperature in soveel as agt jaar aangeteken is. Swartryp het plek-plek redelik skade aangerig aan gewasse en bome, terwyl waterpype ook erg deurgeloop het.
In sekere dele van die streek was die afgelope somer se reënval ver onder die gemiddeld, en na die koue kan veldbrande nou verder groot skade aanrig.

 

ADVERTENSIE

 

PROTECTION K9 TRAINING CLUB

Protection K9 Training Club bied top-kwaliteit beskermingshonde wat die hele gesin sal beskerm. Hoewel ‘n beskermingshond ‘n hoogs opgeleide beskermer is, is dit ook ‘n sosiale en familie-georiënteerde dier. Ons beskermingshonde se opleiding verseker dat al ons honde ten volle gehoorsaam en ten volle beheerbaar is, met of sonder ʼn leiband. Verder is die honde opgelei, en gesosialiseer om gemaklik by ʼn gesin in te skakel en te leef in jou huis.

Protection K9 Training Club bied opleiding vir persoonlike beskermingshonde en verkoop honde opgelei in verskillende vlakke van beskerming. Ingesluit in die aankoop van u hond is ʼn kursus wat ontwikkel is om jou hond gemaklik te laat inpas by sy nuwe tuiste. Aflewering is landwyd beskikbaar. Ons kom na u huis en werk met u, die ander gesinslede en die hond om te verseker almal is gemaklik met die hantering van die hond.

 

 

VELDTOGTE EN AKSIES

 
PLAASVARS E-MARK

Met TLU SA se Plaasvars e-Mark is daar nou die geleentheid vir die verbruiker om direk met die boer te gesels oor produkte.

Die platform werk eenvoudig:

  • Die boer laai die inligting en beskikbare produkte met ‘n foto of twee
  • Die verbruiker besoek die mark en kies die prokdukte waarin hy of sy belangstel
  • Die boer en verbruiker praat direk met mekaar om ‘n transaksie te beklink

Help ons boere om eerlik en eerbaar ‘n bestaan te maak. Koop plaasvars

Besoek die platform deur hierdie skakel.

 
RED DIE EKONOMIE

COVID-19 het die Suid-Afrikaanse ekonomie – wat reeds op die knieë was – byna die finale nekslag toegedien.

Die volgehoue beperkings op Suid-Afrikaners, en die onewe hulpverlening wat die regering aanbied, vererger die situasie so dat dit moeilik is om te sien hoe ons ekonomie ooit gaan herstel.

TLU SA gee nou aan alle Suid-Afrikaners die geleentheid om te deel hoe die inperking hulle lewens – en sak – beïnvloed en watter stappe geneem moet word om die ekonomie te red.

Die terugvoer sal deur TLU SA verwerk en in gesprekke met die regering weergegee word, as deel van TLU SA se plan om die ekonomie.
Laat jou stem by hierdie skakel hoor.