Maak 'n bydrae tot TLU SA Traumafonds: Klik hier
Plaaspraatjies reeks Vrydag | 26 Junie | 2020

Die program Plaaspraatjies wat TLU SA aanvanklik op ASTV aangebied het, word nou weer voortgesit op ander platforms, en die eerste van die nuwe reeks is reeds vervaardig en op ons Youtube-kanaal uitgesaai.

Die Noord-Streek is bevoorreg om betrokke te wees met Henk van de Graaf as die aanbieder, en Dricus Botha as die eerste gas wat oor die probleme en uitdagings van watersake gesels het.

Die beplanning is om elke Woensdag om 11h00 ‘n uitsending oor aktuele landbou-onderwerpe aan te bied. Ons wil graag ‘n videoteek opbou wat vir ons lede van waarde kan wees. Die volledige besonderhede van elke uitsending sal op ons sosiale netwerke bekendgestel word.