Veiligheidstendense

Met die instelling van die inperkingsregulasies was daar ‘n opmerklike afname in beide plaasaanvalle asook gevolglike moorde. In werklikheid is die voorkoms daarvan bykans gehalveer. Mettertyd het dit egter duidelik geword dat toenemende hongerte, toenemende diefstal van lewende hawe, eetbare produkte asook gereedskap (wat vir kontant verkwansel kon word) tot gevolg gehad het. Om sake te vererger het die Minister van Polisie se onwrikbare beperking op die aktiwiteite van Plaaswagte tot gevolg gehad dat elke landbouer 24 uur per dag, sewe dae per week benewens die normale plaaswerk, ook moes omsien na veiligheid op sy eiendom.

‘n Verontrustende verwikkeling was die opmerklike toename van geweldsmisdade (insluitend etlike moorde en besondere wrede marteling van slagoffers) wat na ongeveer 11 weke begin intree het en steeds voortduur. Op die oog af wil dit voorkom asof hierdie misdade boonop met ‘n sterk dosis rassistiese haat gepaard gaan.

Terwyl dit aanvaar kan word dat mense wat honger ly, tot diefstal van enige iets eetbaar gedryf kan word, is die gepaardgaande stygende vlak van geweldsmisdaad uiters verontrustend. Teen hierdie agtergrond neem die veiligheid van plaasbewoners nuwe afmetings aan. Dit sal gevolglik wys wees dat die reeks praktiese wenke vervat in die Veiligheidsbulletins wat sedert die begin van 2018 op gereelde basis beskikbaar gestel was, opnuut afgestof en kennis van geneem word.

Die nuutste vergelyking tot TLU SA se beskikking vir die 12 weke voor – en 12 weke na inperking, dui op die volgende data:

Voor    :           66 aanvalle en 12 moorde

Na       :           47 aanvalle en 10 moorde

 

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.