Boodskap van Bennie

Aanvanklik was alle bedryfsorganisasies, (die kommoditeitesorganisasies) as komitees op alle vlakke deel van die georganiseerde landboustrukture. Koöperasies was ook deel van hierdie strukture as ‘n besigheidsbeen (die Koöperatiewe- of Besigheidskamer). Met die tyd het die verskillende komitees binne georganiseerde landbou outonome organisasies geword, wat op hul eie begin funksioneer het.

Die destydse Suid-Afrikaanse Landbou-unie (SALU) het bestaan uit drie afdelings, naamlik die Provinsiale Kamer, die Bedryfskamer en die Besigheidskamer. Met die koms van die nuwe Suid-Afrika en grondwetwysigings by SALU, het voormalige Transvaalse Landbou-unie en SALU se paaie geskei. TLU SA het ‘n nasionale organisasie  geword en het strukture gevestig regdeur die hele land.  SALU het hul naam verander na AgriSA.  Die Besigheidskamer staan vandag bekend as Agbiz.

Die bedryfsorganisasies is grootliks steeds deel van die Bedryfskamer by AgriSA terwyl van hulle ook by TLU SA geaffilieer is. Sommige organisasies verkies om eerder apart maar met goeie samewerking te funksioneer. Aartappel SA is ‘n goeie voorbeeld hiervan.

Vandag is elke bedryfsorganisasie ‘n organisasie in eie reg. Met die ontbondeling is ooreengekom dat die bedrywe sal fokus op hul spesifieke produk se navorsing, markontwikkeling, produkontwikkeling en phito-sanitêre maatreëls terwyl die algemene sake-organisasies soos TLU SA sal fokus op die beleidsomgewing wat aspekte soos veiligheid, watersake, grondsake, arbeid, plaaslike regering ensomeer insluit.

Wanneer ‘n boer ‘n probleem oor ‘n spesifieke kommoditeit het, moet dit deur die betrokke bedryfsorganisasie hanteer word. Hulle is outonoom en lede moet die koers en dinamika daar bepaal. Boere moet dus betrokke wees by ‘n algemene sake-organisasie (TLU SA), maar ook by die kommoditeite waarmee geboer word, se organisasies.

Bedryfsorganisasies word deur TLU SA as ‘n deel van die georganiseerde landbou-familie beskou. Die onderskeid tussen die algemene sake-organisasies soos TLU SA en die onderskeie bedryfsorganisasies is gesetel in die werkterreine wat vir elk gedefinieer is. TLU SA moedig sy lede aan om lid te word by die spesifieke bedryfsorganisasie wat diens lewer in sy spesifieke boerderyvertakking.

Die belangrikheid van die bedrywe lê grootliks daarin dat hulle fokus op die nodige produkontwikkeling, bemarking en navorsing terwyl die algemene sake-aspekte soos arbeid, veiligheid, eiendomsregkwessies, watersake, energie, AgriSEB, ens. deur TLU SA hanteer word. Hierdie werksafbakening is belangrik om te verhoed dat daar nie enige misverstande ontstaan nie. TLU SA respekteer elke bedryf in sy outonomiteit.

Die benadering wat TLU SA volg ten opsigte van die bedrywe behels dat hulle versoek word om te affilieer as ‘n spesiale kategorie-lid. Dit behels dat hulle volwaardige sitting in die Algemene Raad sowel as by die Kongres sal hê. Die onderskeie bedryfsorganisasies sal sodoende toegang hê tot inligting van TLU SA wat aangewend kan word om beter keuses te maak in beste belang van landbou.

Die onderskeie bedrywe spesialiseer op ander sake as landboubeleidsake en moet waak daarteen om hulself so te posisioneer dat hul deur hul optrede in die praktyk, maar ook deur implikasie, landbou-politieke keuses maak.

 

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.