Maak 'n bydrae tot TLU SA Traumafonds: Klik hier
TLU SA Befondsingprojek Vrydag | 26 Junie | 2020

Die projek waar lede wat graan aan silo’s lewer, ‘n sekere hoeveelheid tonnemaat aan TLU SA skenk, is weer aktief en TLU SA is diep dankbaar vir elke lid se skenking.

Die nommer wat gebruik word vir lewering aan Afgri silo’s is 947147 (TLU SA)  en NWK se nommer is X170613TLU.

Ons versoek dat u asb sal laat weet as u op TLU SA se nommers gelewer het vir rekorddoeleindes.  U kan ‘n e-pos stuur na sentraal@tlu.co.za of stuur ‘n WhatsApp- of SMS-boodskap aan Lynette du Plessis by 082 82 333 99.