‘n Unieke ooreenkoms vir die verkryging van goedkoper diesel wat by pompe aangekoop word is deur Kiaranix en Business Innovations met TLU SA gesluit wat die alleenreg het om dit in die landbou waardeketting bekend te stel. Dit is net van toepassing op sekere leweransiers naamlik Shell en Engen regdeur die land. Dit is ‘n welkome geskenk in die jaar wat TLU SA 120 jaar oud word.
Mnr Meintjes, President van TLU SA het dit beklemtoon dat boere weinig aan die mark kan doen met dié dat hul prysnemers is. Aan die insetkoste kant is daar egter aspekte wat aangespreek kan word ten einde winsgewendheid te bevorder. Hierdie is een so saak.
‘n Besparing van 70c per liter word verkry deur die dieselkaart wat deur TLU SA bestel kan word te gebruik vir dieselaanvulling. Op hierdie stadium is daar nie ‘n voordeel vir massa-lewerings wat op die plase gedoen word nie. Op bande en ander produkte by Supa Quick en TrenTyre kan ook afslag van tussen 37% en 58% gekry word.
‘n Baie eenvoudige proses maak die proses baie verbruikersvriendelik.
Ten einde meer inligting te bekom sowel as om te registreer kan enige van die ondergenoemde agente wat ge-FICA is gekontak word om ook u besparings in werking te kan stel.
WDH (Wilma) Prinsloo, Pietersburg
Sel.: 082 555 4553 Tel.: (015) 293-9804
wilma@ntlu.co.za
CJ (Chris) Myburg, Stoffberg
Sel.: 082 417 2170
chrismyburg@ctecg.co.za
EP (Izelle) Enslin/Jacobs, Pietersburg
Sel.: 082 338 6601
pietersburgdlu@gmail.com
R (Runel) Matthews, Pretoria
Sel.: 081 761 4854 of Tel.: (012) 804-8031
tlu@tlu.co.za
E (Elzet) Rautenbach, Vrystaat
Sel.: 082 358 3104
bielie.bonsmaras@gmail.com
JH (Hendrik) Marnewick, Lichtenburg
Sel.: 082 465 3010
marzs6wick@gmail.com
E (Erika) Helm, Soutpansberg
Sel.: 079 699 6032
erikahelm@mweb.co.za
Verdere geakkrediteerde persone wat tans in opleiding is sal mettertyd gevoeg word by die lys.
Die aansoekvorms is ook beskikbaar op TLU SA se webblad by www.tlu.co.za. Die voltooide vorms moet dan aan die naaste agent gestuur word.
TLU SA lede kan aansoek doen om as agente geakkrediteer te word.
Vir algemene navrae kan Anne-Marie gekontak word by TLU SA se hoofkantoor by 012 – 804 8031








