Dit is planttyd vir die groot pampoene.
Om deel te neem aan volgende jaar se Goliat van Gat pampoengroei kompetisie moet pampoene nou geplant word.
Pampoenpitte en inskrywings is beskikbaar by TLU SA se kantore in Silverton Pretoria teen R50.00 per pakkie.
Saam met die pitte kry u ook duidelike instruksies opgestel deur Hygrotech hoe om die pitte te plant en te versorg.
Kom skryf in en staan ‘n kans om groot prysgeld te wen vir die swaarste pampoen ingeweeg in Maart 2017.
Daar is ook pryse vir die mooiste, lelikste en oorspronklikste pampoen, sowel as vir juniors onder 16 jaar.
Vir meer inligting of pitte en inskrywings kontak vir:
Lynette du Plessis by TLU SA by (012) 804-8031 of
Henri Combrink by 082 552 9428








