194 James Drive, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Members / Friends matters: ledesake@tlu.co.za

Nog plaasaanvalle: TLU SA steun optog teen geweld

TLU SA het verneem van ‘n aanval op ’n bejaarde egpaar op hulle plaas naby Ladysmith in Natal.

Dit is die 53ste aanval vanjaar op ’n plaas. In vanjaar se aanvalle is reeds 18 boere vermoor op hulle plase,wat die algehele plaasmoordsyfer sedert 1990 op 1 569 te staan bring.

TLU SA het reeds suksesvolle bekendmakingsaksies oor plaasmoorde plaaslik en internasionaal geloods,en hierdie internasionale bewusmakingsveldtog gaan onverpoosd voort met verskeie inisiatiewe wat tans beplan word.

Daar is egter groot ontevredenheid onder die landbougemeenskap dat hulle steeds voel dat hulle tot ’n groot mate uitgesonder word as die gemeenskap wat die meeste ly onder die aanvalle teen hulle,en vrae word reeds gevra of dit nie uiteindelik deel is van ’n moontlike groter volksmoordprentjie wat ontvou nie?

In die lig daarvan ondersteun TLU SA elke inisiatief wat ten doel het om plaas- en ander moorde in die besonder,maar misdaad in die algemeen,aan te spreek en die probleem daarvan onder die wêreldgemeenskap se aandag te bring. Daarom gee TLU SA sy ondersteuning aan die kunstenaars wat op 19 Junie ’n optog teen geweld wil hou. ’n Beroep word gedoen aan TLU SA-lede om indien dit enigsins kan inpas ook te kom meedoen.  Die adjunk-president en voorsitter van die veiligheidskomitee sowel as die hoofbestuurder van TLU SA, mnre Henry Geldenhuys en Bennie van Zyl, en ander landbou-leierfigure sal ook deelneem.

Kategorie:

Deel dit:

Nog plaasaanvalle: TLU SA steun optog teen geweld