194 James Drive, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Members / Friends matters: ledesake@tlu.co.za

Noorde kry welkome reën vroeg in die jaar

Mnr. Stephen Hoffman, voorsitter van TLU SA Noord, het gesê dat welkome neerslae oor groot dele van die Limpopo provinsie geval het en dat vaal bosveld vinnig besig is om in lower groen te verander.

 

DANKBAARHEID

Die boere is uiters dankbaar is vir die wonderlike reën wat ontvang is, want sonder hierdie kosbare gawe kan geen boerdery bestaan nie.

 

STATISTIEKE

Die volgende statistieke is deur die onderskeie Distrik Landbou-Unie kantore ingestuur vir die afgelope 7 dae:

 

  • ELLISRAS DLU

Voorsitter: Mnr. Theuns Pretorius

Stockpoort – 40mm

Ellisras & Ellisras Suid – 30mm

Steenbokpan – 20mm

Daar is dele tussen in wat niks reën gekry het nie en is die boere baie bekommerd. Die reënseisoen is egter nog nie verby nie en bly hulle positief glo dat die reën wel sal kom.

 

  • PIETERSBURG DLU

Voorsitter: Mnr. Stefan Jacobs

Transsand – 25mm – Weiding nog goed. Geen krisis op oomblik.

Legkraal – 50 tot 70mm

Bloedrivier – 30mm – Daar word gehoop vir nog reën om die ondergrondse watertafel te lig.

Dendron – 47mm – Baie droog in die area

Geen skade was aangemeld nie. Die grootste uitdaging is die onwettige damme wat in riviere gebou word en sodoende die vloei belemmer sodat baie boere geen water uit riviere kan onttrek nie. Die hoeveelheid ondergrondse water en water kwaliteit beïnvloed die aantal hektare wat aangeplant kan word.

 

  • POTGIETERSRUS DLU

Voorsitter: Mnr. Ockert Scherman

Sterkfontein/Bokpoort omgewing – 50mm – Weiding lyk swak.

Sterkrivier/Doorndraaidam – 32mm 

Roedtan/Crecy omgewing gemiddeld 50mm vir Januarie.  Die boere is tans besig met nuwe aanplantings en die weiding en gesaaides lyk goed.

Die grond is goed nat op Ceres sowat 10 km vanaf Roedtan op die Naboomspruitpad.  Die boere in daardie omgewing is baie positief oor die seisoen.

6 pale op die London Eskom lyn gebreek a.g.v. wind en op die Roedtanlyn is 4 pale gebreek

Nyl – 4mm. Baie warm en droog. Gras brand dood, weiding gaan ‘n probleem raak.

Immerpan omgewing – Dit is baie droog. Het gister 10mm gehad. Mielies kry baie swaar en ‘n gedeelte kan afgeskryf word.  Hoop en vertrou op nog reën. Geen reën

Bokpoortlaagte – Roedtan/Immerpanomgewing – Geen reën

Roedtan, rigting Marble Hall – 38mm – weiding moet nog herstel, sommige kampe is bevredigend.

Rondebosch 10 km vanaf Potties op Naboomspruitpad – 15mm – baie droog

Wydehoek ± 50 km vanaf Potties op Markenpad – baie droog en geen reën

Warmbronnepad, Naboomspruit – 50mm

Rietfontein – Naboomspruitgebied – baie warm, 10 Jan 17mm, 11 Jan 2013 – 45mm

Singlewood – Edward Leversage – Nyl Roedtanomgewing – 52mm

Goedvoor – tussen Roedtan en Marble Hall – 50mm

Crecy – Bennie Genis 27 – 34mm, opvolgreën noodsaaklik, weiding swak

Lud Bodemer – Naboomgebied, 34mm

Hanglip Sterkrivier – 25mm, hael en toe weer op 11 Januarie 20mm en 14 Januarie 18mm

Tussen Naboomspruit en Potgietersrus tussen 30 en 95mm

Koelemansrus – 51mm

 

  • KOEDOESRAND DLU

Voorsitter: Mnr. Danie Ehlers

Baltimore 30mm

Tolwe 20mm

Maasstroom 40mm

Tom Burke 40mm

Marken 15mm

Die weer lyk steeds belowend vir nog reën.

 

  • SOUTPANSBERG DLU

Voorsitter: Mnr. Doors Le Roux

Louis Trichardt – 60mm

Linton – Geen

Levubu – 400mm

Alldays – 100mm – bietjie bekommerd oor tamatie plantjies.

Vivo – glimlag breed vir 60mm

Mopani – 130mm

Bandelierkop – 70 tot 120mm

Waterpoort – 100 tot 160mm

Louis Trichardt 284mm – Laaste 24 uur 168mm – baie welkom, baie lieflik, maar lietsjies wat nog geoes moet word bly agter.

Levubu – 360mm

Die boere se gemoed is op. Reëndruppels verf glimlagte op almal se gesigte.

 

  • THABAZIMBI DLU

Voorsitter: Mnr. Jan Viljoen

Alhoewel dit die laaste twee dae bewolk is en temperatuur afgeneem het, het daar nog bitter min reën geval in die gebied. In party dele was daar nog geen reën nie. Die uiters hoë temperature van verlede week het baie skade  aan weidings gedoen. Dringende reën is nodig vir die winter weiding. Vrydag 11 Januarie 2013 het Thabazimbi dorp ± 12mm gehad, maar net buite die dorp ± 7mm.

 

  • VAALWATER DLU

Voorsitter: Mnr. Ben Mostert

Loubad – 15mm

Bulgerivier – 18mm

Melkrivier – 16mm

Groot haelskade op 27 Desember 2012 gehad in Groenfontein omgewing.. Mielies en tabak weggeslaan.

Die weer lyk steeds belowend vir nog reën.

 

  • WATERBERG DLU

Voorsitter: Mnr. Jaco Bogaards

Gemiddeld van 10 to 12mm in opvangsgebied

Gebied vanaf Warmbad na Thabazimbi is baie droog. Die vlakte het ook baie min reën gehad en op sekere gebiede nog niks reën gehad nie.

Die weer lyk steeds belowend vir nog reën.

Kategorie:

Deel dit:

Noorde kry welkome reën vroeg in die jaar