194 James Drive, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Members / Friends matters: ledesake@tlu.co.za

Plaasmoorde : Voorlegging aan die VN 2016

 

 TLU SA gaan weer hierdie week die probleem van plaasmoorde onder die internasionale gemeenskap se aandag bring.

 

Die VN se Menseregtekommissie se Forum vir Minderheidsaangeleenthede hou hierdie week weer sy tweedaagse jaarlikse bespreking oor minderheidsake, en die tema handel oor minderhede in situasies van humanitêre krisis.

 

Die voormalige Assistent-hoofbestuurder van TLU SA, en tans Onder-voorsitter van die Waterberg DLU van TLU SA, mnr. Henk van de Graaf, sal weer TLU SA se voorlegging doen, wat sal handel oor die voortdurende probleem van plaasaanvalle, die regering se hantering van die droogte, grondhervorming, SEB,  waterbesoedeling en vernietiging van onderwysgeleenthede as bedreiging vir minderhede in besonder, maar vir die land in die algemeen.

Kategorie:

Deel dit:

Plaasmoorde : Voorlegging aan die VN 2016