TLU SA hou die week sy algemene jaarkongres in Pretoria, onder die tema: “Kommersiële Landbou – Die Sleutel tot Stabiliteit”.
Benewens TLU SA se President, mnr. Louis Meintjes, wat sy Presidentsrede gaan lewer, is daar ook verskeie ander sprekers wat aktuele sake gaan belig.
Dr. Theo de Jager, voorsitter van Agri All Africa, gaan praat oor “Die rol van die beleidsomgewing vir voedselsekuriteit in Suidelike Afrika.”
Prof. Koos Malan van die Departement Publiekreg aan die UP se Fakulteit Regsgeleerdheid, gaan praat oor “Die ongewaarborgde waarborge van die hoogste reg – die Grondwet en eiendomsreg.”
Die bekende ekonoom, dr. Roelof Botha, gaan praat oor “Bedreigings en geleenthede vir die landbousektor in Suid-Afrika.
Die verrigtinge begin om 08:30 op Woensdag 7 September 2016 by die WNNR se konferensiesentrum in Pretoria, en die media is baie welkom om dit by te woon.








