Mnr. Louis Meintjes is eenparig herkies as TLU SA se president op dié unie se kongres.
Mnr. Henry Geldenhuys is ook herkies as adjunk-president.
Thenis Kruger is herkies as voorsitter van Wes-Streek, Stephan Vermaak van Noord-Streek, Wannie Scribante in Sentraalstreek en Johan van Dyk in Oos-Streek.
Die voorsitters van die ander provinsies is reeds in private streekskonferensies aangewys. Hulle is mnre. Wollie Burger (Noord-Kaap), Bennie Liebenberg (Wes-Kaap), Herman de Wet (Natal), Hennie Naudé (Vrystaat) en mev. Louise Rossouw (Oos-Kaap).
Dit is dieselfde leiersgroep wat by die vorige kongres verkies is.








