194 James Drive, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Members / Friends matters: ledesake@tlu.co.za

Plaaslike owerhede

TLU SA onderskryf die uitgangspunt dat daar verskillende gesagdraende liggame (regerings-vorme) is nl die van die individu, die gesin, die kerk en kultuur, en burgerlike gesag.  Alle gesag van die staat is afgeleide gesag en kan plaaslike owerhede nie optree anders as deur gesag wat wetlik van hoër regeringsinstellings afgewentel word nie.  Die Plaaslike Owerheid het daarom die aanspreeklikheid teenoor die hele gemeenskap, en nie net teenoor die regerende politieke party nie, om die reg te handhaaf en kriminaliteit te straf, onpartydig op te tree in regsake, ’n vrye en veilige omgewing te skep vir produksie in ’n vrye ekonomie, en om tirannie en monopolie te voorkom.  Die Plaaslike Owerheid het ook die verantwoordelikheid om nie op die terrein van die burgerlike gemeenskap te oortree en dit te wil beheer en bestuur nie aangesien so ’n optrede die basis van die diktatuur van die party in die gemeenskap is.  TLU SA tree binne regverdige wetgewende gesag op sonder die opgawe van regte om sodoende die kommersiële landbouer se belange te verteenwoordig en te bevestig.  TLU SA is by plaaslike bestuur betrokke sonder partypolitieke verbintenis en sal voortdurend as landbou organisasie die bestuur en lewering van dienste moniteer en daarvolgens vir boere belange optree.

Kategorie:

Deel dit:

Plaaslike owerhede

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.