194 James Drive, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Members / Friends matters: ledesake@tlu.co.za

Die proses rondom AgriSEB het sedert die eerste fase waarby TLU SA nie betrokke was nie heelwat interaksie teweeggebring.  Met die daarstelling van die “Steering Committee” is TLU SA wel betrek en is daar deurlopend duidelik standpunt op skrif ingeneem oor die posisionering van TLU SA.  Die tekortkominge ten opsigte van die proses en die nadelige effek wat dit op voedselsekerheid gaan hê is telkens uiteengesit.

TLU SA is van mening dat :

  • Die eise en teikens in die besprekingsdokument nie haalbaar is nie. Nie alleen bedreig dit wettig verkreë eiendomsreg nie, maar dit verdeel ekonomiese eenhede in onekonomiese eenhede. Dit sal lei tot die ondergang van kommersiële landbou.
  • Verantwoordelikhede van die Staat mbt opvoeding en geletterdheid word eensydig gedelegeer na ‘n ekonomiese sektor wat nie oor die bronne (finansieel en kundigheid) beskik nie.
  • Die gesag wat aan die Minister van Landbou en Grondsake en gevolglik ook aan die Grondeisekommissarisse verleen word in die Wysigingswet op die Herstel van Grondregte om sonder behoorlike regsproses, grond te onteien, is onaanvaarbaar.
  • Die element van dwang wat in die dokument vervat word, is onaanvaarbaar.
  • Daar bestaan haalbare, praktiese en voldoende alternatiewe om die toetrede van swart boere tot die landbousektor moontlik te maak sonder die toepassing van beide die Wet op die Herstel van grondregte sowel as AgriSEB. Die benutting van staatsgrond, grond wat op die ope mark beskikbaar is en die beginsel van Gewillige Verkoper – Gewillige Koper sal tot beter resultate asook gesindhede lei.
  • TLU SA bevorder binne die raamwerk van aanvaarbare wetgewing, die konsep van  Breë Basis Ekonomiese Bemagtiging (BBEB) waarin die betrokkenheid van die Staat tot ‘n minimum beperk word en die breë basis van ekonomiese bemagtiging deur kundigheid, vermoëns en bestuurbare ekonomiese kragte bepaal sal word.
  • TLU SA beskou die “Telkaart” proses en raamwerk as ‘n vorm van polisiëring en dwang tov SEB. Dit plaas ‘n verdere administratiewe las op die landbousektor. Gevolglik is dit uiters nadelig vir die diversiteit binne die kommersiële landbousektor. Daarom word die “Telkaart” nie aanvaar nie.
  • Daar geen verantwoordelike besluit oor sodanige proses geneem kan word alvorens daar nie wetenskaplik gefundeerde impakstudies gedoen is waarin die gevolge van die proses uiteengesit word nie.

Kategorie:

Deel dit:

AgriSEB

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.