TLU SA se uitgangspunt oor transformasie in die landbousektor, is:
- In die belang van almal betrokke, is dit belangrik dat ekonomiese volhoubaarheid en stabiliteit in die sektor gehandhaaf word.
- Die produksie van voedsel en vesel, asook die verdienste van buitelandse valuta moet nie deur die proses nadelig beïnvloed word nie.
- Die Staat het die verpligting om nuwe toetreders na behore te bemagtig met inbegrip van redelikheid en winsgewendheid sonder dat ander deelnemers in die sektor met hierdie verantwoordelikheid belas word.
- Waar daar van mentorskap gebruik gemaak word, moet sodanige betrokkenheid en oordrag van kundigheid, op ‘n vrywillige basis geskied sonder dat die finansiële situasie van mentors benadeel word.
- Die proses se sukses tot hede, moet geëvalueer word.







