194 James Drive, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Members / Friends matters: ledesake@tlu.co.za

Die status quo is onaanvaarbaar. Moord, aanranding, verkragting, roof, diefstal (insluitend vee- en wilddiefstal), brandstigting, betreding en onwettige grondbesetting en intimidasie duur voort terwyl die Kommandostelsel uitgefaseer word voordat die Sektorpolisiëringstelsel na behore geïmplimenteer is. Lg. bied nie vir landbouers ‘n geloofwaardige alternatief nie. Gevolglik versleg die situasie m.b.t. Landelike Veiligheid.


Die negatiewe invloed van die Wet op die Beheer van Vuurwapens verswak enersyds die weerbaarheid van boere terwyl dit andersins ‘n onaanvaarbare ingryping in privaatbesit impliseer. Die koste verbonde aan die hernuwing van vuurwapenlisensies en wat daarmee gepaardgaan, is ewe onaanvaarbaar.


TLU SA aanvaar dat wettige en verantwoordelike eienaarskap van vuurwapens ‘n kritiese element van privaat besitreg is. Daarbenewens het landsburgers die reg om lewe en eiendom teen bedreiging te beskerm. Gevolglik ag TLU SA die Wet op die Beheer van Vuurwapens as ‘n aantasting wat beide privaatbesit en persoonlike veiligheid bedreig. Gevolglik sal TLU SA alle legitieme optredes oorweeg om eienaars van gelisensieerde vuurwapens in staat te stel om hul wapens te behou. Die voorgeskrewe maatreëls wat die aankoop en lisensiëring van nuwe vuurwapens bepaal, word as onprakties, duur en omslagtig geag. Gevolglik sal TLU SA alle opsies oorweeg en toepas om die proses tot so mate te beïnvloed, dat verdienstelike aansoekers nie negatief daardeur beïnvloed sal word nie.


  • Ander implikasies
  • A.g.v. swak polisiëring, word boere gedwing om teen eie koste veiligheidsmaatreëls te tref. Uitgawes in hierdie verband kan nie by produkpryse ingewerk word nie.
  • Onvoldoende grensbeheermaatreëls lei tot ‘n gevaarlike toename in onwettige vreemdelinge en dieresiektes.

Kategorie:

Deel dit:

Veiligheid

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.