- TLU-SA spreek hiermee hul tevredenheid uit met die skikkingsooreenkoms wat aangegaan is tussen die ANC, Mnr Malema, Afriforum en TLU-SA ten opsigte van die liedjie bekend as “skiet die Boer” welke hofsaak te rolle geplaas was vir aanhoor in die Hoogste Hof van Appèl op DonderdagNovember 2012.
2. TLU-SA waardeer veral die feit dat die ANC aangedui het dat dit noodsaaklik is dat die regte van verskillende gemeenskappe gerespekteer en erken moet word om hul kultuur en geskiedenis uit te oefen en te vereer, en dat die ANC erken het dat sekere vryheidsliedere wat deur hulle gebruik word deur lede van minderheidsgroepe, insluitende Afrikaners, ervaar kan word as kwetsend, sowel as die feit dat die ANC erken het dat sekere van sulke vryheidsliedere nie meer toepassing vind in die Suid-Afrika van vandag nie.
3. TLU-SA wys daarop dat die skikkingsooreenkoms ook ander aangeleenthede aanraak wat in die toekoms tussen die verskillende partye bespreek sal word as slegs vryheidsliedere.
4. TLU-SA sal nou alle nodige stappe neem om formele gesprekke met die leiers van die ANC, wat tot dusver nie bereidwillig was om met TLU-SA daaroor te praat nie, aan die gang te sit ten einde ‘n beter verstandhouding ten opsigte van die kultuur, geskiedenis en aspirasies van minderheidsgroepe, insluitende Afrikaners te bespreek. TLU-SA sal daarop aandring dat sodanige dialoog moet voortgaan op die hoogste vlak.
5. TLU-SA spreek hul tevredenheid uit met die feit dat die ANC enMalema erken het, en hulself verbind het tot bewusmaking en aanmoediging van hul leierskap en ondersteuners met betrekking tot die feit dat sekere vryheidsliedere se woorde kwetsend is vir veral boere en ook Afrikaners.
6. TLU-SA sal ontwikkelinge in hierdie verband met aandag dophou, veral met betrekking tot die stappe wat die ANC en Mnr Malema sal neem in hierdie verband.
7. TLU-SA benadruk die feit dat daar ‘n geweldige probleem bestaan met betrekking tot geweldsmisdaad, insluitende plaasaanvalle en plaasmoorde, en dat sodanige misdrywe gepleeg word teen die agtergrond van onsekere wat veroorsaak word deur die aanhoudende voortsetting van die vryheidstryd van die ANC, welke agenda spesifiek benadruk word deur die ANC Jeugliga, ten einde die voortsetting van die Nasionale Demokratiese Revolusie van die ANC te bevorder.
8. TLU-SA sal dus met die ANC besprekings voer op die hoogste vlak ten opsigte van geweldsmisdaad, plaasaanvalle en plaasmoorde.
9. TLU-SA plaas op rekord dat plaasmoorde op blanke boere ‘n groot bekommernis in Suid-Afrika is, en dat daar tans ondersoek gedoen word na die vraag of dit as volksmoord in terme van die Internasionale Reg beskryf kan word. 1372 blanke boere is reeds vermoor sedert 1990 uit ‘n totaal van 1591. 86% van alle plaasmoorde is dus gepleeg teen blanke boere. 85 plaasaanvalle het plaasgevind gedurende 2011 en 106 reeds2012. Die normale moordstatistiek in Suid-Afrika is 31 persone per 100 000.00 van Suid-Afrika se bevolking, terwyl dit vir blanke boere 96 per 100 000.00 inwoners is. Blanke boere het dus ‘n risiko van drie keer meer as enige ander inwoner in Suid-Afrika om vermoor te word. Die statistiek van TLU-SA in hierdie verband is beskikbaar op die webadres van TLU-SA.
10. TLU-SA waardeer dus die feit dat die ANC en Mnr Malema uiteindelik ooreengekom het om met TLU-SA hierdie brandende sake te bespreek, en hierdie aangeleenthede nie net met TLU-SA te bespreek nie, maar ook op te neem met hul leiers en ondersteuners.







