194 James Drive, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Members / Friends matters: ledesake@tlu.co.za

Verhoogde minimumlone sal lei tot afleggings

Na aanleiding van die onrus by De Doorns, het die Minister van Landbou TLU SA, saam met ander rolspelers in georganiseerde landbou, ontbied oor ’n gesprek rondom minimum lone in die landbou.

TLU SA se standpunt was dat daar nie eensydig na die minimum loon van werkers in De Doorns gekyk kan word nie. Die diversiteit in Landbou en die realiteit van geografiese gebiede speel ook ‘n rol. Daar is ‘n minimum loon vasgestel en TLU SA adviseer sy lede om nie werkers minder as die loon te betaal nie.

Trouens, as die pakket van byvoordele in berekening gebring word, sal dit blyk dat die meeste boere meer as die minimumloon betaal.

Die standpunt van TLU SA is dat die probleme van De Doorns nie nou ten laste gelê kan word vir die hele landbou bedryf nie.  Bowendien het TLU SA sy bedenkinge of die onrus by De Doorns suiwer oor landbou gaan. Gemeet aan die uitsprake van die ANC se leier in die Wes-Kaap, Marius Fransman, is dit duidelik dat politiek die oorwegende rol speel, waar die ANC die Wes-Kaap wil destabiliseer in sy pogings om weer in beheer van dié provinsie te kom, en as voorbereiding vir die ANC se leiersverkiesing volgende maand by Mangaung. “Mnr. Fransman behoort deur sy party gedissiplineer te word oor sy uitsprake teenoor boere. ’n Verskoning is nie eers genoeg nie: hy behoort soos Julius Malema summier uit die regerende party geskors te word.,”

Die president van TLU SA, mnr. Louis Meintjes, het dit benadruk dat TLU SA nie namens sy lede kan besluit wat die lid sy arbeiders moet betaal nie.

Dit wil voorkom of die 37 000 kommersiele boere in Suid Afrika toenemend verantwoordelik gehou word vir die sosio-maatskaplike probleme in die land. “Dit is nie landbou se plig nie, en die regering en die verantwoordelike instansies moet self die oplossings daarvoor,” sê mnr. Meintjes.

Geen arbeider word gedwing om by ’n werkgewer te bly nie. Ons wil plaaswerkers aanmoedig om werk te soek en diens te aanvaar waar hulle die beste loon ontvang

Sou die minimumlone in die landbou verhoog word, sal dit gewis lei tot verdere afdankings. “’n Werkgewer wat voorsiening maak vir R20 000 in sy maandelikse begroting, sal eenvoudig ’n verhoging na R30 000 of selfs R40 000 per maand nie kan betaal nie.  Hy sal dus moet rasionaliseer. Sou daar ‘n drastiese verhoging in die lonerekening van ‘n boer wees, sal hy noodgedwonge moet kyk na produktiwiteit van die werkers en sal hy sy arbeidsmag dienooreenkomstig moet verminder.

“Salaris is die prys van arbeid, en in ’n vrye mark behoort die arbeider self oor sy salaris te kan besluit.  Aan die ander kant sit die boer in die posisie dat hy ’n prysnemer is wat maar moet vat vir sy produkte wat hom aangebied word.  As minimumlone verhoog word na onverantwoordelike, onwettige en selfs misdadige optrede, kan die punt bereik word dat boere ook kan begin ‘eis’ om R5 000 vir ’n ton mielies of R50 vir ’n kilogram tamaties te kry,” sê mnr. Meintjes.  “Hierdie aksies en teenaksies sal lei tot die vernietiging van die ekonomie, en TLU SA sal nie daaraan aandadig wees nie.

Kategorie:

Deel dit:

Verhoogde minimumlone sal lei tot afleggings

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.