194 James Drive, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Members / Friends matters: ledesake@tlu.co.za

Geluk Eskom, dink nou aan die boere

eskom

eskom

Eskom behoort gelukgewens te word met die feit dat hy in die laaste ses maande tot September vanjaar dit kon regkry om ten spyte van minder aanvraag in elektrisiteit (nogal deur die wintermaande) dit kon regkry om ’n wins van R12,6 miljard te toon.

Eskom het skynbaar voorsiening gemaak in ’n daling van die aanvraag na elektrisiteit en daardie daling was inderdaad meer as wat verwag is. Nietemin maak Eskom voorsiening in ’n toekomstige styging na die vraag van elektrisiteit en voer dit as rede aan vir die aangevraagde tariefstyging oor die volgende vyf jaar.

Dit wil dus voorkom of verbruikers inderdaad gehoor gee aan Eskom se versoek om elektrisiteit te bespaar. Bowendien is die stygings van die laaste paar jaar genoeg rede vir enige verbruiker om verdere besparings in werking te stel.

Gevolglik kan aanvaar word dat Eskom se voorsiening vir die volgende vyf jaar nie realisties is nie wat beteken dat geen verdere verhoging nodig is nie.

In die lig van sy winsgewendheid en moontlik verkeerde aannames en berekeninge, doen TLU SA ’n beroep op Eskom en op Nersa om nie enige verdere tariefverhogings in werking te stel nie en dat ’n moratorium op enige verhogings geplaas sal word vir die volgende drie jaar. Boere gaan reeds ernstig gebuk onder hoë insetkoste en lae produkpryse, en verligting op die elektrisiteitsrekenings kan net hulle druk help verminder en bydra tot volgehoue voedselsekerheid.

Kategorie:

Deel dit:

Geluk Eskom, dink nou aan die boere

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.