194 James Drive, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Members / Friends matters: ledesake@tlu.co.za

Moontlike belastingverhogings onaanvaarbaar / Possibility of higher tax unacceptable

“Tot waar moet belastingbetalers gedryf word voordat hulle ‘n duidelike streep trek en besluit dat genoeg nou genoeg is?” vra TLU SA se President, mnr. Louis Meintjes.

 

Mnr. Meintjes het gereageer op toenemende bespiegelinge dat rentekoerse binnekort verhoog kan word, dat Eskom weer vroeg in die nuwe jaar drastiese tariefverhogings in werking kan stel, maar bowenal dat daar al hoe meer gerugte die rondte doen dat belastings verhoog gaan word.

 

“Adv Richard Sizani, waarnemende voorsitter van die Staatsdienskommissie, het onthul dat staatsdepartemente op die rand van ineenstorting staan. Munisipaliteite kan nie meer dienste lewer nie, want die geld raak eenvoudig weg. Individuele elektrisiteiteverbruikers, waaronder landbouers ‘n groot deel uitmaak, moet munisipaliteite met elektrisiteit subsidieer omdat dié met miljoene rande agterstallig is, en skotvry daarvan af kom. Steeds meer plaaslike owerhede kry gekwalifiseerde ouditverslae, en nou blyk dit dat, behalwe die Nkandla-debakel, die kantoor van die President ook nog miljoene rande te veel spandeer het,” sê mnr. Meintjes.

 

“Hoe kan die staat dit selfs oorweeg om die belastingbetaler nog meer te wil melk net sodat hy nog meer kan vermors, en sodat buitensporige salarisse van wanfunksionele amptenare betaal kan word? Suid-Afrika se belastingverdeling is reeds oneweredig. ‘n Minderheid van die bevolking moet ‘n hele nie-funksionele en dikwels korrupte burokrasie aan die gang hou. Hulle kan dit eenvoudig nie meer doen nie, en belastingbetalers gaan een of ander tyd vir hulleself die vraag afvra of hulle nog enigsins verdere belasting wil betaal?

 

“Dit is ook ongehoord dat die Ouditeur-Generaal die een verdoemende verslag na die ander die lig laat sien, maar niemand word skynbaar ooit strafregtelik of sivielregtelik daarvoor vervolg nie. Die belastingbetaler kan nie nog verder daarvoor aanspreeklik gehou word nie. Geen belastingverhoging behoort enigsins oorweeg te word nie voordat die Staat nie oor ‘n tydperk getoon het dat hy bereid is om die voorbeeld te stel in doeltreffende bestuur en oordeelkundige gebruik van belastingbetalersgeld nie,” sê mnr. Meintjes.

 

‘n Behoorlike en deursigtige ondersoek behoort gedoen te word oor wat die werklike oorsake vir die swak prestasie op al die vlakke in die regering is.  ‘n Eerlike bevinding sal wees dat die prys van “affirmative action” nou te duur geraak het vir Suid-Afrika.

 

Possibility of higher tax unacceptable

Until what point will taxpayers be driven before they draw a definitive line and decide that enough is enough?” asks TAU SA President, Mr. Louis Meintjes.

Mr. Meintjes has responded to growing speculation that interest rates will soon increase, that Eskom can announce a drastic increase in its rates early in the New Year, but most importantly that there is growing rumours doing the rounds that taxes would be raised.

Adv Richard Sizani, acting chairman of the Public Service Commission, revealed that government departments are on the brink of collapse. Municipalities cannot provide services because the money simply disappears. Individual electricity consumers, including farmers, have to a great extent, to subsidize those municipalities who are with millions of rand in arrears with their electricity bills. Local authorities get increasingly qualified audit reports and now it seems that the Office of the President also overspent millions of rands. That is over and above the Nkandla debacle,” said Mr Meintjes.

How can the government even consider milking the taxpayers with higher taxes just so that even more can be wasted and exorbitant salaries paid to malfunctioning officials? South Africa‘s taxation is uneven. A minority of the population have to keep an entire nonfunctional and often corrupt bureaucracy going. They simply cannot do that anymore and taxpayers are going to ask themselves whether they are willing and able to pay even more tax?

It is outrageous that the AuditorGeneral releases the one damning report after another while no one is seemed to be criminally prosecuted or civil held liable. The taxpayer cannot take responsibility for this anymore. No tax increase should even be considered before government has set the example in effective management and sound usage of taxpayers’ money,” says Mr. Meintjes.

A proper and transparent investigation should be done on what are the real causes for the poor performance on all levels in the government. An honest conclusion would be that the price of “affirmative action” has become too expensive for South Africa.

Kategorie:

Deel dit:

Moontlike belastingverhogings onaanvaarbaar / Possibility of higher tax unacceptable

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.