194 James Drive, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Members / Friends matters: ledesake@tlu.co.za

Versigtig vir vroeë verwagtinge oor grond / Be cautious for early expectations regarding land

Enige bespiegelinge oor grond wat deur boere aan plaaswerkers afgestaan moet word, is voortydig en kan net lei tot verwarring. “Die Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming het duidelik gestel dat hy teen April 2015 voorstelle oor die aangeleentheid wil kry. Verskeie prosesse in die verband is nog aan die gang, so laat ons daarby hou,” sê TLU SA se President, mnr. Louis Meintjes.

 

Mnr. Meintjes het ‘n beroep gedoen op instansies en individuele boere om nie voortydig met bepaalde beloftes of ondernemings in dié verband na vore te kom nie.  “Die Minister het aangedui dat hy ‘n gesamentlike voorlegging van die landbou-eenheidsforum, ASUF, sou wou ontvang.  ASUF werk nog hieraan.  Net soos TLU SA ook reeds sy reeds bekende voorstelle oor grondhervorming aan ASUF voorgelê het, sou ons graag wil sien dat alle instansies en individue, ook hulle gedagtes oor die saak aan ASUF sou wou voorlê vir verdere bespreking.

 

“Om halsoorkop verbintenisse te maak dat boere 20% van hulle grond moet afstaan, is nie so maklik nie. Die een skoen pas nie vir almal nie. Groter boere kan so iets moontlik makliker implementeer terwyl kleiner boere glad nie daarby kan uitkom nie. Hier sal ‘n model en oplossing gevind moet word wat almal sal pas. Om voortydig aankondigings en beloftes te maak, sal ook by die Minister valse verwagtinge skep. Landbou het stabiliteit nodig, wat net bereik sal word deur gesamentlike, wel deurdagte en ekonomies volhoubare besluite en optrede. Laat daardie proses asseblief toe om sy kringloop te voltooi,” vra mnr. Meintjes.

 

Be cautious for early expectations regarding land

 

Any speculation on land to be surrendered by farmers to farm workers is premature and can only lead to more confusion. The Minister of Rural Development and Land Reform has it made clear that he expects proposals on this matter to be submitted by April 2015. Various processes in this regard are still in progress, so let’s stick to the ministers’ deadline,” said TAU SA President, Mr. Louis Meintjes.

Mr. Meintjes urged institutions and individual farmers not to confuse matters more by  prematurely coming forward with certain promises or undertakings in this regard. The Minister has indicated that he expects a joint submission from the Agricultural Sector Unity Forum (ASUF). ASUF is still working on it.  We would like to see that all institutions and individuals to submit their thoughts on the matter to ASUF for further discussion, like TAU SA already has done.

“It is not that easy to make commitments on behalf of farmers to transfer 20% of their land to farm workers. One shoe does not fit for everyone. Larger farmers may find it easier to implement this, while small farmers may find it impossible to do without putting themselves at risk.  A model and solution must be found that will suit everyone. To issue premature announcements and promises will create even more expectations. Agriculture needs stability which could only be achieved through joint, duly considered and economically sustainable decisions and actions. Let that process finish its cycle,” asks Mr. Meintjes.

Kategorie:

Deel dit:

Versigtig vir vroeë verwagtinge oor grond / Be cautious for early expectations regarding land

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.