Meer oor TLU SA

 

Ek bevestig Artikel 2 van TLU SA se Grondwet waarvolgens ek onderneem om my lewe te lei in ooreenstemming met die Bybel as die enigste Woord van God-Drie-Enig en ‘n maatstaf van my Christelike geloof.

Ek is bewus van die waarde en invloed wat die Christelike leer op die vorming van my kulturele erfenis gehad het.

Ek is trots op my beroep as landbouer en die geleentheid wat ek gegun word om God se Skepping te bewerk.

Ek aanvaar in nederigheid die rentmeesterskap van my grond en aanvaar die verantwoordelikheid om die bodem, fauna en flora, en al die beskikbare hulpbronne doeltreffend te bewaar en met respek te bestuur as erfenis vir die nageslagte.

Ek vereenselwig my met TLU SA se standpunt dat die toepassing van vryemarkbeginsels met minimum staatsinmenging in die ekonomie, en gewaarborgde privaat besitreg, die hoeksteen vorm van groei. Dit bied die enigste volhoubare kans vir werkskepping, armoedeverligting en vooruitgang vir Suid-Afrika.

Ek is trots op die unieke identiteit, afkoms en historiese grondslag van TLU SA en sal my beywer om die waardes wat die organisasie gevorm het te respekteer en te beskerm. Ek sal ook ander landbou-organisasies se identiteit respekteer.

Die versterking en bemagtiging van TLU SA is vir my ‘n prioriteit. Ek sal daarna streef om tot voordeel van die landboubedryf en my mede-boere TLU SA se goeie beeld te beskerm en uit te bou.

Ek is trots daarop om as verskaffer van voedsel en vesel ‘n bydrae tot die welstand van die totale bevolking en die land se ekonomie te lewer.

Ek sal my as landbouer beywer vir die ontwikkeling van kommersiële landbou en sodoende bydra tot die erkenning van die sektor as ‘n selfstandige entiteit met ‘n regmatige plek as belangrike komponent in die groter ekonomie.

Ek sal my deur TLU SA beywer om nie slegs in die landbougemeenskap ‘n positiewe bydrae te lewer nie, maar ook om die landbougemeenskap te stabiliseer.

Ek respekteer en onderwerp my aan die reëls en regulasies van TLU SA soos in die Grondwet vervat.

Ek onderneem om my finansiële verpligtinge as lid getrou na te kom.

Ek is trots op TLU SA as die Vesting vir die Boer en onderneem om vanuit dié vesting eenheid met mede-landbouers na te streef in die vervulling van my Godgegewe roeping.

Tree te alle tye in nederigheid en erkentlikheid teenoor ons Skepper op sodat Sy wil en nie ons wil Geskied nie.

Openbaar te alle tye en in alle situasies karakter, eerbaarheid en integriteit.

Stel en bevorder te alle tye die boer se saak doelgerig, eerbaar en vreesloos.

Luister te alle tye na mekaar se tersaaklike standpunte en toon begrip daarvoor.

Verskil op ‘n eerbare wyse van mekaar en benader ‘n saak uit verskeie hoeke ten einde die regte besluit te neem.

Hanteer meningsverskille oor besluite na buite sodat dit nie die beeld van TLU SA leiers of TLU SA skaad nie.

Hanteer altyd die saak sonder om die man te speel.

Moet nooit eie eer en belang voor die belange van die boer plaas nie.

Moet landbouverhoë nie gebruik om party-politieke standpunte te bevorder nie.

‘n Streekleier moet altyd in kennis gestel word indien daar ‘n vergadering in die streek gehou word.

Tree altyd verdraagsaam teenoor mekaar op en moet nooit aan iemand anders doen wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie.

Bevorder die geloofwaardigheid van die TLU SA, ons affiliasies en leiers deur nie die beeld van ons organisasie en sy leiers te skaad nie.

Bou die beeld van die Suid-Afrikaanse boer uit deur nie deur jou optrede die boer se beeld te skaad nie.

Skep en bevorder vertroue in die landbousektor ten einde die landbousektor se aandeel in ons totale ekonomiese huishouding te versterk en uit te bou.

Glo in die Drie-Enige-God, jou volk en jouself.

TLU SA is ‘n organisasie van ons lede, vir ons lede. Ons belangrikste doelwit is om ons lede en die landboubedryf se belange te bevorder sodat landbou kan leef.

Grondvlak

TLU SA praat vanaf die grondvlak vanuit die boere en daarom bestaan ons struktuur uit geaffilieerde distrikslandbou-unies en boere-unies, met die ondersteuning van ons hoofkantoor en vaste komitees. Sodoende kan ons die ware behoeftes van boere bepaal en daadwerklik oplossings daarvoor vind.

Komitees

Om te verseker dat die behoeftes op ’n ordelike en effektiewe manier hanteer word, het TLU SA die volgende vaste komitees op die been gebring:

Die Nasionale Vaste Komitees van TLU SA se verantwoordelikheid is om standpunte te formuleer, riglyne te verskaf aan lede, en aksies of veldtogte van stapel te stuur om bewusmaking te skep en blootstelling te werf. Die nasionale komitees verteenwoordig die soortgelyke komitees uit streke, distriklandbou-unies (DLU), boere-unies (BU) en boereverenigings (BV). 

Die komitees moet op elke vlak na behore funksioneer om die spesifieke behoeftes op daardie vlak aan te pak. Die nasionale komitees kan met behulp van kundiges meer omvattende of nasionale behoeftes hanteer.

Die toekoms

Omdat die kommersiële boer die spilpunt van landbou is, is dit vanselfsprekend dat TLU SA ons bemoei met die totale lewenstog van ‘n kommersiële boer – TLU SA streef daarna om die kommersiële boer in veiligheid volhoubaar op sy/haar grond te hou. Vir die behoud van die landboubedryf en ons lede wil TLU SA die verwagtinge en behoeftes van lede en potensiële lede antisipeer, modelleer, lei en verteenwoordig. Sodoende  kan ons ‘n oorlewingsbestel vir die landbougemeenskap realiseer, in stand hou en kommersieel lewensvatbaar maak.

Betrokkenheid

Dit is belangrik dat ons lede ook betrokke raak by bedryfsorganisasies om groter inspraak te lewer, en landbou-koöperasies en agri-besighede ondersteun sodat die landboubedryf volhoubaar kan leef.

Werkswyse

TLU SA onderskryf voedselsekuriteit in Suid-Afrika. Daarom beywer ons ons spesifiek vir die behoud van grondwetlike regte. Verder skep ons wringkrag deur kollektiewe bedinging op plaaslike, nasionale en internasionale vlak tot voordeel van ons lede en verseker daardeur dat daar kos op die tafel vir elke Suid-Afrikaner is.

Christelike beginsels

Die belangrikste grondbeginsel van TLU SA is dat ons organisasie op Christelike waardes gebou is sodat ons dié vesting vir die kommersiële boer sal wees. 

1896

Tydens ’n komiteevergadering van die Pretoria Landbouw Maatskappij in 1896 het die agenda voorsiening gemaak vir die stigting van ’n Transvaalse Landbou-Unie. FT Nicholson word beskou as die stigter van die Transvaalse Landbou-unie.

1897

Op 29 September 1897 is die TLU gestig. JJ Enschede word tydens die stigtingsvergadering as die eerste President aangewys. Tydens die eerste kongres word die regering
versoek om ’n Departement van Landbou in te stel.
Op 15 November 1897 word JZ de Villiers tydens die eerste kongres tot President verkies.

1899-1902

Van 1899 tot 1902 woed die Anglo-Boereoorlog.
Met Brittanje se Verskroeide Aarde-beleid word plaashuise afgebrand, gesaaides en veestapels word vernietig en vroue en kinders word in konsentrasiekampe geïnterneer.
TLU speel ’n belangrike rol om landbou na verloop van die oorlog weer op te bou.

1904

In 1904, by die vyfde kongres, is ’n pleidooi gelewer vir die totstandkoming van ’n ‘Centrale Zuid Afrikaanse Landbou vereniging’. In Julie 1904 is die ‘suster kolonies’ na Pretoria genooi om die saak te bespreek en in 1905 word die Suid-Afrikaanse Landbou-unie gestig.

1905

By die sesde kongres in Januarie 1905 in Standerton het die TLU gevra vir die daarstelling van ’n Landbank.

1907

’n Landbank het sy deure op 4 November 1907 geopen.

1908

Tydens die negende kongres in 1908 lig die destydse President van die hoogtepunte uit wat deur die Unie tot stand gebring is, waaronder die stigting van ’n landbouskool, die stigting van ‘Proefboerderijen’, die publikasie van ’n landboutydskrif en vele meer.

1922

JP Kleynhans word in 1922 as die sekretaris van die TLU aangestel. Hy word beskou as die vader
van die idee van boeredae.

1925

Edith O’Connor stel ’n vroue-afdeling vir die TLU voor nadat sy vrou-alleen boer na haar man se afsterwe. Die eerste tak van die Transvaalse Vroue-Landbou-unie (TVLU) word in 1925 gestig.

1934

Mev Arendse word in 1934 die eerste
vroulike hoofbestuurder van die TLU.

1944

In Augustus 1944 spog die Uitvoerende Komitee
met ’n boufonds van #6 500 geoormerk vir die bou
van ’n boereklub, kantore en konferensiesale.

1956

Die eerste TLU-gebou – in Strubenstraat,
Pretoria – word in 1956 in gebruik geneem.

1958

Op 31 Mei 1958 word die eerste vlag van die
Transvaalse Landbou-unie in gebruik geneem.

1962

’n TLU-droogtefonds is gedurende 1962 in die lewe geroep na ’n vyf jaar lange droogte en herhaaldelike uitbreking van bek-en-klouseer in Transvaal.

1967-68

In 1967-‘68 staan die TLU ledetal op 24 000 lede.

1970

Die TLU SA Gebou in Silverton, Pretoria
is in 1970 voltooi en betrek.

1971

TLU Streekskantore word in 1971 geopen.

1979

In September 1979 verklaar die Minister van Landbou, Hendrik Schoeman, dat die TLU deur die regering erken word as die spreekbuis van die boeregemeenskap van Suid-Afrika.

1991

Die Pretoria Boeremark kom in 1991 tot stand.
Die konsep van die Boeremark berus op ’n verkorting
in die prysketting tussen die produsent en die verbruiker,
wat tot beide partye se voordeel strek. TLU se Veiligheidskomitee kom in 1991 tot stand omdat die situasie op die platteland so ontwikkel het dat die landbouer nie meer ongestoord kon voortgaan met sy primêre taak van voedsel- en veselproduksie nie. 

1992

Die distrikslandbou-unie Koedoesrand bied op
24 September 1992 ’n besonderse Boeredag vir al
die jong boere onder 35 in die distrik Baltimore aan.

1993

13 000 boere woon op 6 Mei 1993 ’n massavergadering vir boere op Potchefstroom by. Ultimatums word aan die owerheid gestel oor wetgewing wat hulle rol as voedselprodusente sal benadeel.

1994

Die TLU waarsku in 1994 dat die voorgestelde Wet op
Grondhervorming groot konflikpotensiaal inhou wat nadelig kan inwerk op beleggersvertroue en die land se groeikoers.Die ledetal van TLU toon steeds groei ten spyte van ’n daling in die aantal boere in die land as gevolg van ongunstige ekonomiese- en klimaatstoestande.

1995

Op 23 Maart 1995 word ’n spesiale Jongboer-konferensie by die Roodevallei Country Lodge naby Pretoria aangebied.

1997

Eeufeesjaar 1997

1999

TLU bied in samewerking met die Landbouwerkgewersorganisasie op 17-18 Maart 1999 ’n internasionale kongres oor eiendomsreg in Pretoria aan.

2002

TLU se naam word in 2002 na TLU SA verander. TLU en SALU se paaie skei as gevolg van verskille in beleidsrigtings. In April 2002 word TLU ’n nasionale organisasie

2005

TLU SA maak in 2005 konstruktiewe voorstelle aan die regering oor hoe grondoordrag op ekonomiese gronde gehanteer behoort te word. Die voorstelle sou voordelig vir alle rolspelers wees, maar dit is nie deur die regering aanvaar nie.

2009

’n Inisiatief van TLU SA bring op 2 September 2009 ’n Nasionale Waterforum tot stand.

2017

TLU SA en Solidariteit gee die boek Treurgrond uit. TLU SA se statistiek oor plaasaanvalle en -moorde sedert 1990 is hierin vervat. ’n Nuwe terrein vir die Pretoria Boeremark word in 2017 gekoop nadat dit sedert die vroeë negentigs uitsonderlike groei toon en dien as ’n boeremarkkonsep wat landswyd in verskillende vorms toegepas word.

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.