James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Beskerm ons Landbougrond: Verseker ons toekoms

TLU SA het met groot kommer kennis geneem van die toenemende aantal mynbouaansoeke wat op landbougrond gerig is. Hierdie ontwikkeling het ernstige implikasies vir die volhoubaarheid van ons landbou en die toekoms van voedselproduksie in Suid-Afrika.

Mynbouaktiwiteite, soos gasontginning, het ‘n direkte invloed op die beskikbaarheid van landbougrond. Dit lei tot die besoedeling van waterbronne en die vernietiging van ekosisteme, wat noodsaaklik is vir ‘n gesonde landbou. Dit is nie net ‘n bedreiging vir huidige boere nie, maar ook vir toekomstige generasies wat op hierdie grond staatmaak vir voedsel en lewensonderhoud.

Landbougrond is die fondament van ons voedselproduksie, en TLU SA doen ‘n beroep op die regering om onmiddellike stappe te neem om hierdie waardevolle hulpbron te beskerm.

Ons vra jou om ons te ondersteun in die stryd. Teken ons petisie om die regering te dwing om ‘n meer verantwoordelike benadering tot mynbou op landbougrond aan te neem. Jou stem tel, en saam kan ons ‘n verskil maak!

Met hierdie vorm rig jy jou stem direk aan minister Gwede Mantashe – en help TLU SA om die regering te dwing om ‘n meer verantwoordelike benadering tot mynbou op landbougrond aan te neem.

Teken die petisie deur hierdie vorm in te vul.

Verseker ons toekoms Afr

Ons is nie teen wettige mynbouaktiwiteite nie, maar ons is beslis vir die beskerming van ons landbougrond en die toekoms van ons generasies.

Beskerm ons landbougrond, verseker ons toekoms!

Beskerm ons Landbougrond: Verseker ons toekoms