James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Landbou-opvoedingsprojek

Plant vir die Toekoms

Jong mense regoor Suid-Afrika word geïnspireer om die wêreld van landbou te ontdek — een mieliepitjie op 'n slag.

50
Mieliepitte
per skool
5
Skole reeds
besoek
100%
Hands-on
leer-ervaring
3
Provinsies
betrek
"

Ons wil nie net kennis deel nie, maar ook hoop en inspirasie plant — sodat hulle die waarde van landbou verstaan en selfs 'n passie vir die sektor ontwikkel.

— Bennie van Zyl, Hoofbestuurder van TLU SA
Hoe dit werk

Drie stappe na 'n volhoubare toekoms

01

Saadjies vir skole

Elke betrokke skool ontvang 'n pakkie van 50 mieliepitte — die begin van 'n praktiese leerreis.

02

Interaktiewe lesings

TLU SA-verteenwoordigers verduidelik hoe mielies geplant en versorg word, en beklemtoon die waarde van volhoubare boerdery.

03

Praktyk & groei

Leerlinge plant en versorg hul eie mielies op die skoolgrond, en leer deur ervaring wat verantwoordelike boerdery beteken.

Skoolbesoeke

Waar die saadjies geplant is

Oosstreek
Volkskool Bethal
Eerste besoek  ·  Bethal, Mpumalanga

Leerders het met groot opgewondenheid hul pakkies mieliepitte ontvang. Ronnie Schilling, TLU SA Oosstreek-bestuurder, beskryf dit as "'n absolute voorreg om op hierdie vlak met die kinders interaksie te kon hê." Die kinders het die aanbieding baie positief ontvang.

Bloemfontein
Dankbaar CVO-skool
Vrydag 7 November  ·  Bloemfontein

Die skoolhoof en skoolgemeenskap het die inisiatief met groot entoesiasme en dankbaarheid ontvang. Die besoek is gekenmerk deur 'n warm en positiewe atmosfeer, en leerlinge het met opregte belangstelling geluister en deelgeneem.

Carolina
CVO Skool Carolina
Woensdag 12 November  ·  Carolina, Mpumalanga

Personeel en leerlinge was ongelooflik ontvanklik en nuuskierig. Tydens die interaktiewe sessie is mielies, ystervarke, ekonomie én regering bespreek — alles ingebed in 'n sterk Christelike onderriggrondslag. Die saadjie is nie net in die grond geplant nie, maar ook in die kinders se leerraamwerk.

Volksrust
Volkskool Volksrust
13 November  ·  Volksrust, KwaZulu-Natal

Hartlik ontvang deur juf. Carla Pütter en haar span, selfs met 'n lekker koppie koffie. Die aanbieding het spontaan op die stoep plaasgevind, en die leerders was lewendig betrokke. TLU SA beskryf hierdie groep as: "Impak mense, omgee mense."

Wesstreek
Marico CVO Skool
13 November  ·  Marico, Noordwes

Op 13 November het TLU SA se Wesstreek ’n heerlike oggend deurgebring by Marico CVO Skool. Die leerders en personeel het ons hartlik ontvang as deel van die #PlantvirdieToekoms-projek.

Ons het saam gelag, geleer, en die saadjie van volhoubare landbou geplant. Dankie aan elke kind en onderwyser wat vandag meegewerk het — julle maak ’n verskil!

Wil jy saam hoop plant?

As jy wil bydra tot die “Plant vir die Toekoms”-projek, nooi ons jou uit om betrokke te raak.

Bydraes kan in enige vorm wees — goeie saad, finansieel, of ander hulp — om skole te ondersteun terwyl hulle leer om hul eie mielies te plant en te versorg.

Plant vir die Toekoms
Ek wil graag bydra in die vorm van:

Plant vir die Toekoms

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.