James Rylaan 194, Silverton
(012) 804-8031
navrae@tlu.co.za
Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za
Die toekoms van landbou lê in die hande van ons jeug. Met die “Plant vir die Toekoms”-projek wil TLU SA jong mense regoor Suid-Afrika inspireer om die wêreld van landbou te ontdek, selfs op ’n jong ouderdom. Laerskole word besoek en ontvang pakkies mieliepitte, saam met ’n kort, praktiese lesing oor hoe om hulle te plant en te versorg. Die projek kombineer leer en doen, en bied ’n hands-on ervaring wat nie net die basiese beginsels van landbou demonstreer nie, maar ook die waarde van volhoubare landboupraktyke beklemtoon.
Hierdie eenvoudige daad simboliseer groei, hoop en volhoubaarheid – kernwaardes van landbou – en dien as ’n herinnering dat die jeug van vandag die leiers en boere van môre is.
“Ons glo dat die jeug van vandag die toekoms van landbou en ons land vorm. Met ‘Plant vir die Toekoms’ wil ons nie net kennis deel nie, maar ook hoop en inspirasie plant – sodat hulle die waarde van landbou verstaan en selfs ’n passie vir die sektor ontwikkel. Hierdie projek is vir ons ’n manier om die volgende generasie aan te moedig om volhoubare landbou as ’n loopbaan en ’n lewenstyl te oorweeg.”
— Bennie van Zyl, Hoofbestuurder van TLU SA
Elke betrokke skool ontvang ’n pakkie van 50 mieliepitte.
TLU SA-verteenwoordigers verduidelik hoe die mielies geplant en versorg moet word, hoe die plantjies groei, en die belangrikheid van volhoubare boerdery.
Leerlinge plant en versorg hul eie mielies op die skoolgrond, en leer deur ervaring die waarde van verantwoordelike boerdery.
Hierdie bladsy sal voortdurend opgedateer word met opwindende inhoud van die veldtog:
Volg saam met ons: Sien hoe die saadjies ontkiem, hoe leerlinge leer en hoe die veldtog hoop vir die toekoms plant. Die projek is ’n lewende herinnering dat elke klein daad van betrokkenheid groot impak kan hê.
Die eerste skoolbesoek het Vrydagmiddag by Volkskool Bethal plaasgevind, waar die leerders met groot opgewondenheid hul pakkie mieliepitte ontvang het. “Dit was ’n absolute voorreg om op hierdie vlak met die kinders interaksie te kon hê,” sê Ronnie Schilling, TLU SA Oosstreek-bestuurder. “Die kinders het die aanbieding baie positief ontvang, en ons sien met verwagting uit na hulle vordering in hierdie projek.”
Die TLU SA Plant vir die Toekoms-projek het Woensdag 12 November by CVO Skool Carolina voortgesit. Ons besoek was weer ’n groot plesier, die personeel en leerders was ongelooflik ontvanklik en nuuskierig. Tydens die interaktiewe sessie het ons nie net oor mielies gepraat nie, maar ook avonture beleef met ystervarke en selfs ’n bietjie in die ekonomie en regering van die dag gedelf. Dit was besonders om te sien hoe breed leerders se kennis is, alles ingebed binne ’n sterk Christelike onderriggrondslag. Ons glo dat die saadjie wat vandag oorhandig is, nie net in die grond nie, maar ook in die kinders se leerraamwerk geplant is, en eendag ’n rol kan speel in voedselsekerheid.
Die tweede skoolbesoek het Vrydag 7 November by Dankbaar CVO-skool in Bloemfontein plaasgevind, waar die “Plant vir die Toekoms”-projek ook met die skool gedeel is. Die skoolhoof en skoolgemeenskap het die inisiatief met groot entoesiasme en dankbaarheid ontvang. Die besoek is gekenmerk deur ’n warm en positiewe atmosfeer, en die leerders het met opregte belangstelling geluister en deelgeneem. TLU SA waardeer die uitstekende ondersteuning van Dankbaar CVO-skool en sien uit na die groei wat hierdie projek, letterlik en figuurlik, in hul gemeenskap sal bring.
Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.
Lees vorige uitgawes van die Pitkos hierTLU SA se ooreenkoms met Windscreen Masters bepaal dat enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, dit op die plek van sy keuse kan laat doen.
Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.
Afgesien vir die gemak daarvan dat dit op die lid/vriend se eie perseel kan geskied, is daar ook vir elke transaksie ʼn toedeling na TLU SA.
Die diens is vir nou beperk tot Gauteng, Heidelberg, Brits, Hartebeespoortdam, Cullinan, Rayton, Middelburg, Witbank, Rustenburg en Warmbad.
TLU SA lidnommer nodig om te kwalifiseer vir die voordeel.
Kontakpersoon:
Christi Rudolph
Tel.: (012) 335-4672
E-pos: windscreenm@iburst.co.za

TLU SA se ooreenkoms met FireArms Guardian bied aan lede/vriende regsbystand wat hulle mag benodig indien ʼn vuurwapen gebruik word in ʼn noodweer-situasie wanneer die vuurwapeneienaar homself of sy gesin moet beskerm.
Firarms Guardian is ʼn unieke kortermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars en bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat voortspruit uit selfverdediging, skiet-ongeluke, strafregtelike vervolging, jagtogte wat skeefgeloop het, sportskiet-ongelukke en vele meer. Firearms Guardian bied aan sy lede ʼn span van regspraktisyns wat die vuurwapeneienaar en sy gesin 24 uur elke dag kan bystaan.
TLU SA lidnommer nodig om te kwalifiseer vir die voordeel.
Kontakpersoon:
Henk Nolte
Tel.: (012) 665-2500
WA: 082 377 9172
E-pos: henk@firearmsguardian.co.za
TLU SA se ooreenkoms met MarketVest is onlangs gevestig om die benarde situasie in SA rakende kragvoorsiening aan te spreek. Ondersoeke is gedoen na geakkreditteerde en geregistreerde maatskappye met ʼn bewese naverkope-diens en kan die diens van MarketVest met vrymoedigheid aanbeveel word.
Afgesien van die aansporing vir ʼn belastingkorting van 125% vir alternatiewwe kragopwekking spesialiseer MarketVest daarin om insette te lewer om finansieringsbehoeftes ten opsigte van sonkrag-stelsels by finansierders te motiveer. MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies.
Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.
TLU SA lidnommer nodig om te kwalifiseer vir die voordeel.
Kontakpersoon:
Helgard Hancke
Sel.: 083 651 0909
E-pos: helgard@marketvest-int.com
TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte.
TLU SA lidnommer nodig om te kwalifiseer vir die voordeel.
Kontakpersone:
| Tak | Naam | Tel. | Sel. | E-pos |
|---|---|---|---|---|
| Mokopane (Hoofkantoor) | Phlippie de Beer | (015) 491-6488 / 7439 | 083 230 4563 | potties@nbmgroup.co.za |
| Marble Hall tak | Willem du Toit | (013) 011-0463 | 082 330 5789 | mh@nbmgroup.co.za |
| Middelburg tak | Ernst Bellingham | (013) 282-0022 | 082 577 1232 | mb@nbmgroup.co.za |
| Algemene navrae | Hendrik de Swart | – | 082 852 8039 | – |
| Philippie de Beer | – | 083 230 4583 | – |
TLU SA se ooreenkoms met Finco Finance bied aan affiliasies/lede vriende bystand ten opsigte van enige finansiële behoefte. Finco Finance is ʼn instansie wat oor ʼn tydperk heen met groot sukses steeds in hierdie tydsgewrig boere kon help om wel inset- finansiering te kan kry by handelsbanke.
Kontakpersoon:
Johan Minnaar
Sel.: 081 541 9075
E-pos: admin@fincofin.co.za
TLU SA se ooreenkoms met die Landbousektor Voorsorgfonds (LSVF) verseker dat verskeie bekostigbare dienste wat op die behoeftes van werkgewers sowel as werknemers gerig is aan affiliasies/lede/vriende gelewer kan word, terwyl bygehou word met wetgewing en bedryfstandaarde. Die LSVF sien om na bekostigbare bydraes, sowel as mededingende voordele vir deelnemende plaaswerkers.
TLU SA lidnommer nodig om te kwalifiseer vir die voordeel.
Kontakpersoon:
Ben de Jager
Sel.: 021 943 5300
Epos: ben@verso.co.za
TLU SA se ooreenkoms met die TLU SA se Finansiële Lessenaar en TLU SA se Fidusiêre Dienste, bied geleentheid aan affiliasie/lede/vriende vir skakeling met kundiges en voorbereiding om bates vir jou nageslag te beskerm. Die dienste sluit in o.a. bate-beskerming, boedel-beplanning, opstel van jou testament en persoonlike beleggings.
Kontakpersoon:
Kobus Oberholster – Finansiële Adviseur
Sel.: 082 330 8607
Tel.: (012) 804 8031
Epos: kobus@attooh.co.za

TLU SA se ooreenkoms met Timac Agro bepaal dat TLU SA affiliasies/lede/vriende ʼn afslag vir kunsmis aankope by Timac-Agro verkry
Die onderskeie afslagpryse word hieronder gelys:
| Produk kategorie | Lid afslag | TLU SA voordeel | Totale voordeel |
| Korrelvorm | 3,5% | 0,5% | 4,0% |
| Vloeistowwe | 8,0% | 1,0% | 9,0% |
| KSC (wateroplosbaar) | 5,0% | 1,0% | 6,0% |
| Dierevoeding | 4,0% | 1,0% | 5,0% |
TLU SA lidnommer nodig om te kwalifiseer vir die voordeel.
Kontakbesonderhede:
| Gebied | Naam | Sel. | E-pos |
|---|---|---|---|
| Vrystaat Sentraal (Schweizer-Reneke, Vryburg) | Ronald Visser | 084 793 6407 | ronald.visser@roullier.com |
| Vrystaat Wes (Bothaville, Hoopstad) | Fasie De Kock | 082 578 3908 | fasie.dekock@roullier.com |
| Vrystaat Suid (Bethlehem, Bloemfontein) | Schalk De Beer | 082 804 5585 | schalk.debeer@roullier.com |
| Mpumalanga Noord (Middelburg, Ermelo) | Paul Henning | 081 323 3296 | paul.henning@roullier.com |
| Mpumalanga Suid (Highveld, Standerton) | Gabbi Joubert | 066 119 2086 | gabbi.joubert@roullier.com |
| Limpopo Suid (Vaalwater, Pietersburg) | Ignatius Richardson | 081 026 7941 | ignatius.richardson@roullier.com |
| Limpopo Noord (Alldays, Tzaneen) | Andries Van Der Walt | 076 810 8359 | andries.vanderwalt@roullier.com |
TLU SA se ooreenkoms met die LWO bepaal dat TLU SA affiliasies/lede/vriende ’n kontinue inkomste van R50 per maand kan verdien vir alle suksesvolle verwysings na die LWO wat lidmaatskap by die LWO opneem en behou. TLU SA is die nodale punt vanwaar die verwysings kan geskied.
Die ooreenkoms bepaal ook dat vir elke persoon/besigheid wat via TLU SA as nodale punt na hulle verwys word wat lidmaatskap by die LWO opneem en behou, TLU SA ’n R500 verwysingsfooi ontvang.
TLU SA lidnommer nodig om te kwalifiseer vir die voordeel.
Nodale punt TLU SA HK vir verwysings.
Kontakbesonderhede:
Michelle Smuts
Tel: 0861 101 828
Sel: 071 485 3501
Epos: michelles@lwo.co.za
TLU SA se ooreenkoms met Verco Energy bepaal dat daar in sekere afleweringsgebiede vir TLU SA affiliasies/lede/vriende goedkoper diesel gelewer kan word.
Gebiede van toepassing is: Groot dele van die Oosstreek (Mpumalanga), groot dele van Sentraalstreek (Gauteng) en dele van die Noordstreek (Limpopo) sowel as dele van die Vrystaat wat ongeveer binne ʼn straal van 100 km vanaf Standerton geleë is.
Die ooreenkoms bepaal dat ʼn totale afslag is 65c per liter afslag waarvan 45c na die affiliasie/lid/vriend verdeel word en 20c na TLU SA verdeel word.
LU SA lidnommer nodig om te kwalifiseer vir voordeel.
Kontakbesonderhede:
Erika Vermaak
Tel.: (017) 640-0988 of
Sel.: 082 775 9313
Epos: reception@verco.co.za

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.
TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte
082 852 8039
083 230 4583
Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.
Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.
Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.