Weiding is op, ons diere tel houtjies op.
In die hartjie van die droogte staar ons boere ‘n opdraande stryd in die gesig om hul diere te voer. “Ons het dusver nog nie ‘n druppel reën in die Koedoesrand omgewing gehad nie. Daar is nie ‘n grassie in sig nie,” sê Danie Prins, TLU SA Noord Streekbestuurder.
Verbeel jou dat jy ‘n vyfde generasie boer is wat moet toesien hoe jou diere een vir een neersak. Dis ‘n fisiese pyn wat jou laat krul. Die emosie wat boere ervaar wanneer hulle diere vrek is egter nie die enigste impak van droogte nie. Daar is ook die skuldlas wat gepaard gaan met die voortdurende aankoop van voer vir hul diere – ‘n las wat deurentyd meer word.
- Dit raak boere
- Dit raak plaaswerkers
- Dit raak families
- Dit raak gemeenskappe
- Dit raak die bedryf
- Dit raak ons kos
- Dit raak Suid-Afrika
Hoe kan jy help?
‘n 25 kg baal lusern kos gemiddeld R85 – R120, afhangend van waar jy woon. Een baal kan twee beeste, twee koedoes, tien skape, of tien rooibokke per dag voer.
Jy kan ons boere help om hul diere te voer deur ‘n finansiële bydrae te maak aan TLU SA se Traumafonds.
TLU SA Traumafonds bankbesonderhede
TLU SA
Absa rekening: 405 168 9914
Elektroniese bankkode: 632005
Kontak Lynette du Plessis, TLU SA Streekbestuurder: Sentraal vir meer inligting
Lynette du Plessis
082 823 3399
sentraal@tlu.co.za