TLU SA is ‘n organisasie wat optree en daadwerklike oplossings en ondersteuning aan ons lede beskikbaar stel. Ons help ons lede om hulle finansiële welstand te versterk deur hulle blootstelling te gee aan unieke hulpmiddele, doeltreffende oplossings en finansiële beplanningstegnologie van die hoogste gehalte.
Die TLU SA Finansiële Welstand Lessenaar is ‘n diens wat al hierdie voordele saambondel.
Die Lessenaar is gesetel by die TLU SA Hoofkantoor in Silverton, Pretoria en sal onder die leiding van Kobus Oberholster, ‘n landbouspesialis finansiële adviseur, leiding en ondersteuning oor finansiële sake bied. Mnr Oberholster is gelisensieer en geakkrediteer onder Atooh Consulting Services* en het reeds jare lank ‘n sterk vertrouensverhouding met die leierskap van TLU SA.
Registrasie as lede van “Business How To” se Industrie- en Besigheids Databasis
Om in vandag se ekonomiese klimaat en politieke uitdagings te oorleef en te groei is effektiewe bestuur van jou besigheid krities belangrik. Ten einde besigheidsdoelwitte te behaal, vereis deeglike beplanning, organisering, kontrole en monitering van alle besigheids aktiwiteite.
Goeie bestuur dra by tot effektiewe aanwending van bronne, vervul ondernemings aan belangegroepe, verleen kompeterende voordeel en verhoog langtermyn volhoubaarheid.
Effektiewe bestuur moet deel vorm van noodsaaklike prosesse en daaglikse beplanning in jou besigheid.
“Business How To” (BHT) bied aan vandag se besige boer / sakeman ‘n een-stop diens wat die totale Landbou Industrie insluit, asook ‘n volledige handleiding oor hoe om jou besigheid
effektief te bestuur.
Klik hier om meer te lees
JOU PENSIOENGELD IS IN WESENLIKE GEVAAR
In ‘n vroeëre mediaverklaring het TLU SA lede ingelig en gewaarsku dat die regering nou ook Suid-Afrika se pensioenfondse wil teiken en dwing om in sogenaamde “voorgeskrewe bates” te belê.
Gegewe die feit dat die regering nou baie momentum daaraan gee om die Pensioenfondswet te wysig sodat hulle hul doel kan bereik, raak dit nou kritiek belangrik dat TLU SA-lede daadwerklik moet optree en besin oor hoe om hulle pensioenbeleggings te posisioneer en hanteer vir die toekoms.
Dit is nou nodig om die beskikbare opsies te oorweeg en ‘n ingeligte besluit te neem.
TLU SA doen hiermee ‘n ernstige beroep op elke lid om so gou moontlik met u Finansiële Adviseur te skakel en die saak te bespreek.
TLU SA se Finansiële Welstandlessenaar staan ook gereed om u te help sou u verkies dat ons u bystaan met advies en hulp. Skakel TLU SA by 012 804 8031 om ‘n reëling te tref.
Dit is belangrik dat lede verstaan dat elke individu se situasie verskil en ‘n behoorlike ontleding en voorstelle gegrond op u situasie noodsaaklik is.
Mnr. Kobus Oberholster, Hoof: TLU SA Finansiële Welstand Lessenaar,
Sel.: 082 330 8607
Tel.: 012 804 8031
E-posadres: kobus@attooh.co.za
*Attooh Consulting Services PTY LTD (FDV nr 18147) is ‘n geakkrediteerde finansiële diensteverskaffer.