Klik hier om die manifes af te laai

tlu-manifest-afr

 

EENHEID IN LANDBOU

Sedert TLU SA (op daardie stadium nog die Transvaalse Landbou-unie) en die Suid-Afrikaanse Landbou-unie (SALU) se paaie geskei het, het die bestuur van TLU SA voortgegaan om uit te reik na ander rolspelers in die kommersiële landboubedryf. Die doel is om ‘n gesamentlike standpunt oor landbousake in te neem.

Hoewel die sukses van hierdie pogings in die verlede gewissel het, hou TLU SA vol in die strewe na eenheid onder en vir die belange van kommersiële boere.

Sekere uitgangspunte geld vir enige inbinding om voort te gaan:

  1. Dit moet ‘n beginsel inbinding wees;
  2. Die kommersiële boer se beste belang moet voorop gestel word;
  3. Georganiseerde landbou kan op geen wyse toelaat dat dit ‘n politieke naprater van enige politieke party word nie;
  4. Daar moet ‘n gesonde afstand van die regering van die dag gehandhaaf word;
  5. Die organisasie (georganiseerd) is ‘n middel tot ‘n doel. Dit mag nooit toegelaat word dat die organisasie die doel word nie;

‘n Kommersiële landbou-organisasie se doel moet wees om te poog om kommersiële boere in veiligheid, volhoubaar op hul grond te hou.  Die krag van kollektiewe bedinging skep juis daardie vermoë.

VEILIGHEID

Die status quo is onaanvaarbaar.

Moord, aanranding, verkragting, roof, diefstal (insluitend vee- en wilddiefstal), brandstigting, betreding, onwettige grondbesetting en intimidasie duur voort nadat die Kommandostelsel uitgefaseer is.

Die Sektorpolisiëringstelsel is nie na behore geïmplimenteer nie. Dit bied nie vir landbouers ‘n geloofwaardige alternatief nie. Gevolglik versleg die situasie met betrekking tot landelike veiligheid nog meer.

Die negatiewe invloed van die Wet op die Beheer van Vuurwapens verswak enersyds die weerbaarheid van boere terwyl dit andersins ‘n onaanvaarbare ingryping in privaatbesit impliseer. Die koste verbonde aan die hernuwing van vuurwapenlisensies en wat daarmee gepaardgaan, is ewe onaanvaarbaar.

TLU SA aanvaar dat wettige en verantwoordelike eienaarskap van vuurwapens ‘n kritiese element van privaat besitreg is.

Daarbenewens het landsburgers die reg om lewe en eiendom teen bedreiging te beskerm. Gevolglik ag TLU SA die Wet op die Beheer van Vuurwapens as ‘n aantasting wat beide privaatbesit en persoonlike veiligheid bedreig.

Gevolglik sal TLU SA alle legitieme optredes oorweeg om eienaars van gelisensieerde vuurwapens in staat te stel om hul wapens te behou.

Die voorgeskrewe maatreëls wat die aankoop en lisensiëring van nuwe vuurwapens bepaal, word as onprakties, duur en omslagtig geag. Gevolglik sal TLU SA alle opsies oorweeg en toepas om die proses tot so mate te beïnvloed, dat verdienstelike aansoekers nie negatief daardeur beïnvloed sal word nie.

Ander implikasies

As gevolg van swak polisiëring, word boere gedwing om teen eie koste veiligheidsmaatreëls te tref. Uitgawes in hierdie verband kan nie by produkpryse ingewerk word nie.

Onvoldoende grensbeheermaatreëls lei tot ‘n gevaarlike toename in onwettige vreemdelinge en dieresiektes.

EKONOMIESE VOLHOUBAARHEID

Talle nuwe wette en regulasies het ‘n uiters negatiewe uitwerking op die landbousektor. In die meerderheid van gevalle, is hierdie nuwe maatreëls eensydig in werking gestel sonder dat die landbousektor sinvolle insette kon lewer. Landbouers is prysnemers, en elke addisionele koste wat produksie beïnvloed, is in werklikheid vir die produsent se eie rekening aangesien dit nie deur die prysstruktuur geabsorbeer kan word nie. Die impak van die volgende aspekte het ‘n wesentlike negatiewe uitwerking op die ekonomiese volhoubaarheid van landbou:

Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Eiendomsbelasting (Wet 6 van 2004) asook Strukture wet (Wet 117 van 1998)

Ongeag die persentasie heffing, sal boere aan addisionele uitgawes onderwerp word – in baie gevalle vir dienste wat in ieder geval nie in die landelike gebiede gelewer word nie.  Hierdie wet word deur die boere in die algemeen as onaanvaarbaar ervaar. Die invloed van addisionele belastings op produksiemiddele (grond) is uniek in al die ekonomiese sektore.  Voorts verteenwoordig dit ‘n koste element wat nie by produkpryse gevoeg en sodoende verhaal kan word nie.

Nasionale Waterwet (Wet 36 van 1998)

Hierdie wet impliseer reeds ‘n element van onteiening en onderwerp die boer aan belastings wat voorheen nie betaalbaar was nie. Vir alle praktiese doeleindes is al die water in die land reeds genasionaliseer. TLU SA se standpunt is dat daar slegs betaal word vir die lewering van hoë kwaliteit en volhoubare dienste. Tot tyd en wyl die tersaaklike infrastruktuur daargestel word, sien TLU SA nie sy weg oop om die departement te subsidieer om infrastruktuur te ontwikkel nie.

Wet op Minerale en Petroleum Ontwikkeling (Wet 28 van 2002)

Ou Orde Reghouers het minder as een jaar gehad om hul prospekteer- en mynregte op te neem anders verval sodanige regte. Gevolglik verloor die huidige eienaar ook potensiële inkomste. TLU SA ag die toepassing van die Mineralewet as konstruktiewe onteiening. Gevolglik trag die organisasie daarna om die individu se eiendomsreg te beskerm en te verseker of om alternatiewelik, markverwante vergoeding vir elke eienaar van mineraleregte te verseker. Die voorgeskrewe proses om mineraalregte te behou, is ingewikkeld en as sulks kompliseer dit die proses. In die praktyk is die proses nie haalbaar nie.

PLAASLIKE OWERHEDE

TLU SA onderskryf die uitgangspunt dat daar verskillende gesagdraende liggame (regeringsvorme) is, naamlik die van die individu, die gesin, die kerk en kultuur, en burgerlike gesag.

Alle gesag van die staat is afgeleide gesag en plaaslike owerhede kan nie anders optree as deur gesag wat wetlik van hoër regeringsinstellings afgewentel word nie.

Die plaaslike owerheid het daarom ‘n aanspreeklikheid teenoor die hele gemeenskap, en nie net teenoor die regerende politieke party nie, om die reg te handhaaf en kriminaliteit te straf, onpartydig op te tree in regsake, ’n vrye en veilige omgewing te skep vir produksie in ’n vrye ekonomie, en om tirannie en monopolie te voorkom.

Die plaaslike owerheid het ook die verantwoordelikheid om nie op die terrein van die burgerlike gemeenskap te oortree en dit te wil beheer en bestuur nie, aangesien so ’n optrede die basis van die diktatuur van die party in die gemeenskap is.

TLU SA tree binne regverdige wetgewende gesag op sonder die opgawe van regte om sodoende die kommersiële landbouer se belange te verteenwoordig en te bevestig. TLU SA is by plaaslike bestuur betrokke sonder partypolitieke verbintenis en sal voortdurend as landbou organisasie die bestuur en lewering van dienste moniteer en daarvolgens vir boerebelange optree.

SKAKELING MET OWERHEID EN ANDER LANDBOU-ORGANISASIES

TLU SA benut elke geleentheid om die belange van sy lede aan die owerheid oor te dra. Persoonlike gesprekke met die betrokke minister van Landbou en Grondsake vind elke twee maande plaas. Voorts is TLU SA deurlopend in gesprek met senior amptenare van departemente en organisasies wat die kommersiële landbou beïnvloed.

Tydens die gesprekke is dit TLU SA se uitgangspunt om telkens die kommersiële boer se beste belang voorop te stel in reguit eerlike kommunikasie.

Vind uit hoe ons skakeling tot jou voordeel is. Klik hier

VOEDSELSEKERHEID

Voedselsekerheid is ’n kritieke element van enige staat se strategiese profiel.

Suid-Afrika is in die bevoorregte posisie om tot nou in die binnelandse behoefte te voorsien en waardevolle buitelandse valuta te verdien. Hierdie toedrag van sake is egter in gedrang na aanleiding van vele faktore soos veiligheid, politieke ingryping met betrekking to privaatbesit en oneweredige internasionale kompetisie.

Die versekering van voedselsekuriteit bly ’n primêre verantwoordelikheid van die owerheid en TLU SA eis dat dit gehandhaaf word.

TRANSFORMASIE IN LANDBOU

TLU SA se uitgangspunt oor transformasie in die landbousektor, is dat ekonomiese volhoubaarheid en stabiliteit in die sektor in die belang van almal betrokke, gehandhaaf word.

Die produksie van voedsel en vesel, asook die verdienste van buitelandse valuta moet nie nadelig deur die proses beïnvloed word nie.

Die staat het die verpligting om nuwe toetreders na behore te bemagtig met inbegrip van redelikheid en winsgewendheid sonder dat ander deelnemers in die sektor met hierdie verantwoordelikheid belas word.

Waar daar van mentorskap gebruik gemaak word, moet sodanige betrokkenheid en oordrag van kundigheid op ‘n vrywillige basis geskied sonder dat die finansiële situasie van mentors benadeel word.

Die proses se sukses tot hede, moet geëvalueer word.

EKONOMIE EN VRYEMARK

Die benadering om landbou se rol in die ekonomie te meet aan die bydrae wat gemaak word tot die bruto binnelands produk (BBP) is tegnies korrek. Aspekte wat egter ook in ag geneem moet word indien die rol van landbou in die ekonomie verreken word is:

  1. Die strategiese waarde wat voedselsekuriteit vir ‘n land teweeg bring;
  2. Die rimpeleffek deur die res van die ekonomie indien primêre kommersiële landbou tot stilstand kom of selfs net ‘n redelike insinking beleef kan moeilik bereken word.

Aspekte wat maklik uit die oog verloor word indien landbou se rol in die ekonomie verreken moet word is onder meer die volgende:

  1. Die rol wat gespeel word om die landelike gebiede te stabiliseer;
  2. Die instandhouding van die plattelandse besighede as gevolg van landbou se ekonomiese inspuiting;
  3. Werksgeleenthede wat geskep word;
  4. Die invloed op alle insetverskaffers indien hul produkte nie meer aangekoop word nie.

Die owerheid se taak is om ‘n klimaat te skep waarin die ekonomie kan gedy. Enige verantwoordelike regering sal die waarde en belangrikheid van landbou in die totale ekonomie besef en seker maak dat die speelveld sodanig gelyk gemaak word dat kommersiële landbou oor ekonomiese redes in stand gehou sal word.

SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING

Die proses rondom AgriSEB het sedert die eerste fase – waarby TLU SA nie betrokke was nie – heelwat interaksie teweeggebring.

Met die daarstelling van die Stuur Komitee is TLU SA betrek en is daar deurlopend duidelik standpunt op skrif ingeneem oor die posisionering van TLU SA. Die tekortkominge ten opsigte van die proses en die nadelige effek wat dit op voedselsekerheid gaan hê is telkens uiteengesit.

TLU SA is van mening dat:

  1. Die eise en teikens in die besprekingsdokument nie haalbaar is nie. Nie alleen bedreig dit wettig verkreë eiendomsreg nie, maar dit verdeel ekonomiese eenhede in onekonomiese eenhede. Dit sal lei tot die ondergang van kommersiële landbou;
  2. Verantwoordelikhede van die staat met betrekking tot opvoeding en geletterdheid eensydig gedelegeer word na ‘n ekonomiese sektor wat nie oor die nodige bronne (finansieel en kundigheid) beskik nie;
  3. Die gesag wat aan die Minister van Landbou en Grondsake en gevolglik ook aan die Grondeisekommissarisse verleen word in die Wysigingswet op die Herstel van Grondregte om sonder behoorlike regsproses, grond te onteien, onaanvaarbaar is;
  4. Die element van dwang wat in die dokument vervat word, onaanvaarbaar is;
  5. Daar haalbare, praktiese en voldoende alternatiewe bestaan om die toetrede van swart boere tot die landbousektor moontlik te maak sonder die toepassing van beide die Wet op die Herstel van Grondregte sowel as AgriSEB. Die benutting van staatsgrond, grond wat op die ope mark beskikbaar is en die beginsel van Gewillige Verkoper – Gewillige Koper sal tot beter resultate asook gesindhede lei.
  6. TLU SA bevorder binne die raamwerk van aanvaarbare wetgewing, die konsep van Breë Basis Ekonomiese Bemagtiging (BBEB) waarin die betrokkenheid van die staat tot ‘n minimum beperk word en die breë basis van ekonomiese bemagtiging deur kundigheid, vermoëns en bestuurbare ekonomiese kragte bepaal sal word.
  7. Die Telkaart-proses en raamwerk ‘n vorm van polisiëring en dwang ten opsigte van SEB is. Dit plaas ‘n verdere administratiewe las op die landbousektor. Gevolglik is dit uiters nadelig vir die diversiteit binne die kommersiële landbousektor. Daarom word die Telkaart nie aanvaar nie.
  8. Daar geen verantwoordelike besluit oor sodanige proses geneem kan word alvorens daar nie wetenskaplik gefundeerde impakstudies gedoen is waarin die gevolge van die proses uiteengesit word nie.

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.