Klik hier en maak 'n bydrae tot die TLU SA Traumafonds
Maak 'n bydrae tot TLU SA Traumafonds: Klik hier
TLU SA-ADVIESDIENS Saterdag | 27 Maart | 2021

Winsgewendheid se belangrikheid kan nie genoeg beklemtoon word nie. Daar is verskeie  veranderlikes wat ‘n boer deurlopend moet verreken om sukses op die plaas te waarborg.

Ons is pas ook met ‘n verdere veranderlike gebombardeer, naamlik die nuwe vasstelling van minimum lone. Ongeag of dit enigsins binne die vermoë van landbou is om dit te kan bekostig, sowel as verskeie insette wat die onhaalbaarheid uitgewys het, het die regering net voortgegaan en dit aangekondig.

Boere moet in dié tyd verseker dat hulle die beste keuses maak in hul produksieproses. Die uitdaging bly steeds om die produksiefaktore tot by winsgewendheid te bestuur. Tradisioneel was ons bevoorreg om ‘n puik voorligtingsdiens in ons land te hê. Dit het ongelukkig as gevolg van regstellende aksie grootliks tot stilstand geknars.

TLU SA het destyds in samewerking met van die beste navorsers, ‘n adviesdiens as deel van die ekonomiese komitee op die been gebring waar die graanverbouingsgedeelte reeds volledig funksioneer. Ander vertakkings is in die proses om beslag te kry. Die strewe is om winsgewendheid voorop te stel.

Sluit aan

Nuusbriewe
Checkboxes

Kontak Ons