

Ons boere brand.
TLU SA wil boere bystaan wat byna alles verloor het in die verwoestende veldbrande wat oor die afgelope twee weke in veral Gauteng en Mpumalanga gewoed het. Hierdie brande het ‘n verwoestende impak op die boerderygemeenskap gehad – boere het ernstige brandwonde opgedoen, hul diere het verbrand, plaaswerkers is beseer, en sommige het selfs hul huise verloor. Ons boere brand.
‘n Artikel 18A belastingsertifikaat is beskikbaar vir skenkers.
Die TLU SA Traumafonds is uniek in die aard dat geen administrasiefooi of hanteringsfooi afgetrek word nie. Alle fondse word direk vir boere in nood gebruik.