James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Bek-en-klouseer steel nie net vee nie.
Dit steel inkomste, sekerheid en hoop.

Boere sit vandag vas tussen ’n siekte wat vinnig versprei en regulasies wat vinnige optrede verhoed.
Wanneer boere val, raak dit elke Suid-Afrikaner, by die kasregister, in werksverliese en in kospryse.

TLU SA staan vir oplossings, nie paniek nie.
Maar oplossings vra spoed, samewerking en realisme.

WAT GAAN AAN?

  • Bek-en-klouseer is ’n staatsbeheerde siekte
  • Die staat beskik nie tans oor voldoende kapasiteit om dit effektief te beheer nie
  • Boere mag nie self ent of optree nie, selfs in hoërisikogebiede
  • Die siekte versprei, en produksie kom tot stilstand
Gevolg: Minder kos. Hoër pryse. Groter voedselonsekerheid.

WAT VRA TLU SA?

  • Dat regulasies dringend hersien word
  • Dat bevoegde boere en privaat veeartse toegelaat word om betyds op te tree binne die regulatoriese omgewing soos dit nou geskep moet word
  • Dat privaat kapasiteit benut word
  • Dat voedselsekerheid as nasionale prioriteit behandel word
  • Dat JY ons steun in die saak

WAT KAN JY DOEN?

  • Laat jou stem hoor
  • Wys dat hierdie krisis meer as net boere raak
  • Help ons om druk toe te pas vir werklike oplossings

Vul die vorm hieronder in en staan saam met duisende ander Suid-Afrikaners.

Jou kommentaar sal saam met ander se insette verwerk word en deur Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, wat deur landbouminister John Steenhuisen verkies is om op die Bek-en-Klouseer (BKS) Bedryfskoördineringsraad te dien, ingedien word.

Staan saam vir voedselsekerheid

Jou besonderhede help TLU SA om verantwoordelike druk toe te pas en oplossings te bevorder.

Bek-en-klouseer 2026
Kies een
Jou insette mag op TLU SA se sosialemediablaaie gebruik word om die veldtog te bevorder.
Ek gee toestemming dat TLU SA my mag kontak

“Indien jy self ondersteuning benodig of iemand ken wat worstel, kontak Helpende Hand of Solidariteit se Trauma-eenheid vir ondersteuning en emosionele bystand.”

Maak ‘n bydrae / donasie tot TLU SA se Trauma-fonds.

TLU SA
Absa rekening 405 168 9914
Elektroniese bankkode: 632005

Bek-en-klouseer