James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

TLU SA verklaar: Genoeg is genoeg – ons sal nie toegee aan rasgedrewe wetgewing nie

“Ek wil op my meriete beoordeel word, nie op my ras nie”

TLU SA staan vas teen die nuwe, ideologies-gedrewe transformasiewette wat besighede en burgers dwing om mense volgens ras te klassifiseer en te behandel. Die jongste Regulasies oor Gelyke Indiensneming, insluitend die sektorregulasies, en die rasgebonde registrasie van eiendom by die Aktekantoor, wys duidelik: die regering gebruik transformasie as ’n meganisme van beheer, nie van regverdigheid nie, maar van onderdrukking.

Hierdie regulasies vereis dat werkgewers hul werknemers, direkteure én aandeelhouers volgens ras moet benoem. Eiendom moet ook rasgebonde geregistreer word. Indien jy nie aan die voorgeskrewe rasprofiele voldoen nie, kan jy nie ’n lisensie kry nie, en staan jy bloot aan boetes of selfs sluiting.

Voltooi die vorm hier onder, ontvang jou sertifikaat van vryheid, en deel dit wyd. Jou stem maak saak.

Dankie dat jy TLU SA se verklaring onderteken het.

Hier is jou sertifikaat, wat wys dat jy die ANC se rasgebaseerde transformasie-agenda nie ondersteun nie.

Deel dit wyd. Jou stem maak saak.

Transformasie 2025
Ek verklaar as volg

Ons roep alle Suid-Afrikaners op: Staan saam met ons. Laat jou stem hoor. Verklaar dat jy op jou meriete geëvalueer wil word, nie op jou ras nie.

Transformasie